DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Bybelverse oor Waarheid

  • Hy wat opreg wandel en geregtigheid doen,
    en wat met sy hart die waarheid spreek;
    wat nie rondgaan met laster op sy tong nie,
    sy vriend geen kwaad doen
    en geen smaadrede uitspreek teen sy naaste nie.
  • My kinders, laat ons nie liefhê met woorde of met die tong nie, maar met die daad en in waarheid.
  • Ek het geen groter blydskap as dit nie, dat ek hoor dat my kinders in die waarheid wandel.
  • En Jesus sê vir die Jode wat in Hom geglo het: As julle in my woord bly, is julle waarlik my dissipels. En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.
  • As ons sê dat ons met Hom gemeenskap het en in die duisternis wandel, dan lieg ons en doen nie die waarheid nie.
  • Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is — watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit.
  • Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.
  • Maar, terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus.
  • Lei my in u waarheid en leer my,
    want U is die God van my heil.
    U verwag ek die hele dag.
  • Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as 'n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny.
  • Die lippe van die regverdige weet wat welgevallig is,
    maar die mond van die goddelose is pure valsheid.
  • Bewaar jou tong vir wat verkeerd is,
    en jou lippe dat hulle nie bedrog spreek nie.
  • DIE geloof dan is 'n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, 'n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.
  • Elke woord van God is gelouter;
    Hy is 'n skild vir die wat by Hom skuil.
  • Ek het die weg van waarheid verkies;
    u verordeninge het ek voor my gestel.
  • God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.
  • Maar bo alles, my broeders, moenie sweer nie: nie by die hemel nie, ook nie by die aarde nie en ook geen ander eed nie; maar laat julle ja ja wees en julle nee nee, sodat julle nie onder 'n oordeel val nie.
  • En die salwing wat julle van Hom ontvang het, bly in julle, en julle het nie nodig dat iemand julle leer nie; maar soos dieselfde salwing julle aangaande alles leer, so is dit ook waar en geen leuen nie; en soos dié julle geleer het, so moet julle in Hom bly.
  • Volgens sy wil het Hy ons voortgebring deur die woord van die waarheid, sodat ons as eerstelinge van sy skepsele kan wees.
  • En ons weet dat die Seun van God gekom het en ons verstand gegee het om die Waaragtige te ken; en ons is in die Waaragtige, in sy Seun, Jesus Christus. Hy is die waaragtige God en die ewige lewe.
  • Valse lippe is vir die Here 'n gruwel,
    maar Hy het 'n welbehae in die wat getrou handel.
  • Want die woord van die Here is reg,
    en al sy werk is met trou.
  • Verwyder van jou die valsheid van mond,
    en hou ver van jou af die verkeerdheid van lippe.
  • Is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid. Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.
  • En daar is niks bedek wat nie geopenbaar sal word nie, en verborge wat nie bekend sal word nie.

En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon — en ons het sy heerlikheid aanskou, 'n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom — vol van genade en waarheid.
Lees meer...

Bybelvers van die dag

Wees hartlik teenoor mekaar met broederlike liefde; die een moet die ander voorgaan in eerbetoning.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

En dit is die Here wat voor jou uit trek; Hy sal met jou wees; Hy sal jou nie begewe of verlaat nie; jy mag nie bevrees of verskrik wees nie.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk