DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Wet (3/5)

  • Hy wat julle dan die Gees verleen en kragte onder julle werk, doen Hy dit uit die werke van die wet of uit die prediking van die geloof?
  • MAAR nou is die geregtigheid van God geopenbaar sonder die wet, terwyl die wet en die profete daarvan getuig, die geregtigheid naamlik van God deur die geloof in Jesus Christus vir almal en oor almal wat glo, want daar is geen onderskeid nie.
  • Ek is die Here julle God; wandel in my insettinge en onderhou my verordeninge en doen dit. En heilig my sabbatte; en hulle sal 'n teken wees tussen My en julle, dat julle kan weet dat Ek die Here julle God is.
  • Die wet van die Here is volmaak:
    dit verkwik die siel;
    die getuienis van die Here is gewis:
    dit gee wysheid aan die eenvoudige.
  • En hy antwoord en sê: Jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele krag en uit jou hele verstand; en jou naaste soos jouself.
  • HALLELUJA!
    Welgeluksalig is die man wat die Here vrees,
    wat 'n groot welbehae in sy gebooie het.
  • Jy moet dan weet dat die Here jou God God is, die getroue God wat die verbond en die goedertierenheid hou vir die wat Hom lief het en sy gebooie onderhou, in duisend geslagte.
  • Hou dan my gebooie en doen dit. Ek is die Here.
  • En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.
  • Elkeen dus wat een van die minste van hierdie gebooie breek en die mense só leer, sal die minste genoem word in die koninkryk van die hemele; maar elkeen wat dit doen en leer, hy sal groot genoem word in die koninkryk van die hemele.
  • Die hele inhoud van u woord is waarheid,
    en al u regverdige verordeninge is tot in ewigheid.
  • As julle my gebooie bewaar, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die gebooie van my Vader bewaar en in sy liefde bly.
  • Hoor, Israel, die Here onse God is 'n enige Here. Daarom moet jy die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag.
  • Julle moet die gebooie van die Here julle God en sy getuienisse en sy insettinge wat Hy jou beveel het, ywerig onderhou.
  • En as iemand sondig en onbewus enigiets doen wat die Here verbied het, en skuldig word en sy ongeregtigheid moet dra.
  • Julle wat geregverdig wil wees deur die wet, is losgemaak van Christus; julle het van die genade verval.
  • Ek sal u bevele tot in ewigheid nie vergeet nie,
    want deur hulle het U my lewend gemaak.
  • Neig my hart tot u getuienisse
    en nie tot winsbejag nie.
  • Ek het u getuienisse vir ewig as erfdeel ontvang,
    want hulle is die vreugde van my hart.
  • En Ek sal my Gees in jul binneste gee en sal maak dat julle in my insettinge wandel en my verordeninge onderhou en doen.
  • Julle mag by die woord wat ek julle beveel, niks byvoeg nie, en julle mag daar niks van weglaat nie; sodat julle die gebooie van die Here julle God mag onderhou, wat ek julle beveel.
  • Want voorwaar Ek sê vir julle, voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie.
  • Ons het gesondig en verkeerd gedoen en goddeloos gehandel en in opstand gekom en van u gebooie en verordeninge afgewyk.
  • Ag, as hulle maar so 'n hart gehad het om My te vrees en al my gebooie altyd te onderhou, dat dit met hulle en hul kinders vir ewig goed kan gaan.
  • Want dit is die boodskap wat julle van die begin af gehoor het, dat ons mekaar moet liefhê.

Hoor, my seun, en neem my woorde aan;
dan sal die lewensjare vir jou vermeerder word.
Lees meer...

Bybelvers van die dag

Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Laat alles wat asem het, die Here loof!
Halleluja!
Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk