DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Bybelverse oor Wyn

  • Gaan dan heen, eet jou brood met vreugde, en drink jou wyn met 'n vrolike hart, want God het lankal behae in jou werke.
  • Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie.
  • Net so neem Hy ook die beker ná die maaltyd en sê: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed wat vir julle uitgestort word.
  • Alhoewel die vyeboom nie sal bloei
    en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie,
    die drag van die olyfboom sal teleurstel
    en die saailande geen voedsel oplewer nie,
    die kleinvee uit die kraal verdwyn
    en geen beeste in die stalle sal wees nie —
    nogtans sal ek jubel in die Here,
    ek sal juig in die God van my heil.
  • En toe Jesus die asyn geneem het, sê Hy: Dit is volbring! En Hy het sy hoof gebuig en die gees gegee.
  • Smaaklike spys het ek nie geëet en vleis en wyn het nie in my mond gekom nie; en ek het my glad nie gesalf nie, totdat drie volle weke om was.
  • Die wingerdstok het verdor,
    en die vyeboom het verwelk;
    die granaat, ook die palm en die appelboom,
    al die bome van die land het verdor;
    want beskaamd is die vreugde,
    weg van die mensekinders af.
  • Toe neem Hy die beker, en nadat Hy gedank het, gee Hy dit aan hulle en sê: Drink almal daaruit. Want dit is my bloed, die bloed van die nuwe testament, wat vir baie uitgestort word tot vergifnis van sondes.

Bybelvers van die dag

Wees hartlik teenoor mekaar met broederlike liefde; die een moet die ander voorgaan in eerbetoning.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Of weet julle nie dat die onregverdiges die koninkryk van God nie sal beërwe nie? Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk