DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Sonde (2/5)

  • Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe.
  • Dink, Here, aan u barmhartigheid en u goedertierenhede,
    want dié is van ewigheid af.
    Dink nie aan die sondes van my jonkheid en aan my oortredinge nie;
    dink aan my na u goedertierenheid,
    om u goedheid ontwil, o Here!
  • Hy wat in sy vlees saai, sal uit die vlees verderf maai; maar hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die ewige lewe maai.
  • Jesus antwoord hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle dat elkeen wat die sonde doen, 'n dienskneg van die sonde is.
  • En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie.
  • Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here.
  • Word toornig en moenie sondig nie; laat die son nie ondergaan oor julle toorn nie; en gee aan die duiwel geen plek nie.
  • Kom dan tot inkeer en bekeer julle, sodat julle sondes uitgewis kan word en tye van verkwikking van die aangesig van die Here mag kom.
  • Die angel van die dood is die sonde, en die krag van die sonde is die wet.
  • Welgeluksalig is hy wie se oortreding vergewe,
    wie se sonde bedek is.
  • Bekeer julle en wend julle af van al julle oortredinge, sodat dit nie 'n struikelblok tot ongeregtigheid vir julle mag wees nie.
  • WAT sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word? Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe?
  • Daar is 'n weg wat vir 'n mens reg lyk,
    maar die einde daarvan is weë van die dood.
  • Die nagedagtenis van die regverdige is tot seën,
    maar die naam van die goddelose vergaan.
  • Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie. As iemand die wêreld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie.
  • Was julle, reinig julle,
    neem die boosheid van julle handelinge voor my oë weg,
    hou op om kwaad te doen.
  • Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die Here: al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol.
  • As hy dan aan een van hierdie dinge skuldig is, moet hy bely waar hy teen gesondig het.
  • Ons het gesondig en verkeerd gedoen en goddeloos gehandel en in opstand gekom en van u gebooie en verordeninge afgewyk.
  • Hy wat die sonde doen, is uit die duiwel, want die duiwel sondig van die begin af. Vir hierdie doel het die Seun van God verskyn, om die werke van die duiwel te verbreek.
  • Geregtigheid verhoog 'n volk,
    maar die sonde is 'n skandvlek vir die nasies.
  • En as iemand sondig en onbewus enigiets doen wat die Here verbied het, en skuldig word en sy ongeregtigheid moet dra.
  • MAAR ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie.
  • My sonde het ek U bekend gemaak,
    en my ongeregtigheid het ek nie bedek nie.
    Ek het gesê: Ek wil aan die Here my oortredinge bely;
    en Ú het die ongeregtigheid van my sonde vergewe. Sela.
  • Want die sonde sal oor julle nie heers nie; want julle is nie onder die wet nie, maar onder die genade.

Want waar afguns en selfsug is, daar is wanorde en allerhande gemene dade.
Lees meer...

Bybelvers van die dag

En hulle sal My tot 'n eiendom wees, sê die Here van die leërskare, op die dag wat Ek skep, en Ek sal met hulle medelyde hê soos 'n man medelyde het met sy seun wat hom dien.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Is daar iemand siek onder julle? Laat hom die ouderlinge van die gemeente inroep, en laat hulle oor hom bid nadat hulle hom in die Naam van die Here met olie gesalf het. En die gebed van die geloof sal die kranke red, en die Here sal hom oprig. Selfs as hy sonde gedoen het, sal dit hom vergewe word.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk