DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Deuteronomium 5

  • Jy mag die Naam van die Here jou God nie ydellik gebruik nie, want die Here sal die een wat sy Naam ydellik gebruik, nie ongestraf laat bly nie.
  • Onderhou die sabbatdag, dat jy dit heilig soos die Here jou God jou beveel het. Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen; maar die sewende dag is die sabbat van die Here jou God; dan mag jy géén werk doen nie — jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou os of jou esel of enige dier van jou, of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie; sodat jou dienskneg en jou diensmaagd kan rus soos jy.
  • En jy moet daaraan dink dat jy in Egipteland 'n slaaf was, en die Here jou God jou daarvandaan uitgelei het deur 'n sterke hand en 'n uitgestrekte arm; daarom het die Here jou God jou beveel om die sabbatdag te hou.
  • Ag, as hulle maar so 'n hart gehad het om My te vrees en al my gebooie altyd te onderhou, dat dit met hulle en hul kinders vir ewig goed kan gaan.
  • In al die weë wat die Here julle God julle beveel het moet julle wandel, sodat julle kan lewe en dit met julle goed kan gaan en julle die dae kan verleng in die land wat julle in besit sal neem.

Bybelvers van die dag

En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk