DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Bybelverse oor Straf

  • My seun, verag die tug van die Here nie,
    en laat sy kastyding nie jou weersin wek nie,
    want die Here tugtig hom wat Hy liefhet,
    ja, soos 'n vader die seun in wie hy behae het.
  • Almal wat Ek liefhet, bestraf en tugtig Ek. Wees dan ywerig en bekeer jou.
  • As 'n skrandere die onheil sien, verberg hy hom;
    maar die eenvoudiges gaan verder, word gestraf.
  • Want almal wat sonder wet gesondig het, sal ook sonder wet verlore gaan; en almal wat onder die wet gesondig het, sal deur die wet geoordeel word.
  • Nou lyk elke tugtiging of dit op die oomblik nie 'n saak van blydskap is nie, maar van droefheid; later lewer dit egter 'n vredevolle vrug van geregtigheid vir die wat daardeur geoefen is.
  • En as iemand sondig en onbewus enigiets doen wat die Here verbied het, en skuldig word en sy ongeregtigheid moet dra.
  • Maar hy wat nie geweet het nie en gedoen het wat slae verdien, sal met min slae geslaan word. En elkeen aan wie veel gegee is, van hom sal veel gevorder word; en aan wie hulle veel toevertrou het, van hom sal hulle oorvloediger eis.
  • Bekeer julle en wend julle af van al julle oortredinge, sodat dit nie 'n struikelblok tot ongeregtigheid vir julle mag wees nie.
  • Daar is geen vrees in die liefde nie; maar die volmaakte liefde dryf die vrees buite, want die vrees sluit straf in, en hy wat vrees, het nie volmaak geword in die liefde nie.
  • KYK, gelukkig is die man wat God kasty;
    verwerp daarom die tugtiging van die Almagtige nie.
  • Jy mag die Naam van die Here jou God nie ydellik gebruik nie, want die Here sal die een wat sy Naam ydellik gebruik, nie ongestraf laat bly nie.
  • Erken dan in jou hart dat die Here jou God jou onderrig soos 'n man sy seun onderrig.
  • Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word.
  • Gaan met die wyse om, dan word jy wys;
    maar hy wat met dwase verkeer, versleg.
  • Nee, sê Ek vir julle; maar as julle jul nie bekeer nie, sal julle almal net so omkom.
  • Maar bo alles, my broeders, moenie sweer nie: nie by die hemel nie, ook nie by die aarde nie en ook geen ander eed nie; maar laat julle ja ja wees en julle nee nee, sodat julle nie onder 'n oordeel val nie.
  • DAAR is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees. Want die wet van die Gees van die lewe in Christus Jesus het my vrygemaak van die wet van die sonde en die dood.
  • Die Here weet om die godsaliges uit versoeking te verlos en die onregverdiges te bewaar vir die dag van oordeel om gestraf te word.
  • Verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering.
  • God laat die eensames woon in 'n huisgesin,
    Hy lei die gevangenes uit in voorspoed;
    maar die wederstrewiges woon in 'n dor land.
  • Die Here behoed die vreemdelinge;
    Hy rig wees en weduwee weer op;
    maar die weg van die goddelose maak Hy krom.
  • Maar dit is met die misdaad nie soos met die genadegawe nie; want as deur die misdaad van die één baie gesterf het, veel meer het die genade van God en die gawe deur die genade van die een mens, Jesus Christus, vir baie oorvloedig geword.
  • Daarom sê Ek vir julle: Elke sonde en lastering sal die mense vergewe word, maar die lastering teen die Gees sal die mense nie vergewe word nie.
  • Goed bring geen voordeel op die dag van die grimmigheid nie,
    maar geregtigheid red van die dood.
  • OMDAT die oordeel oor 'n verkeerde daad nie gou voltrek word nie, daarom is die hart van die mensekinders in hulle vol om kwaad te doen.

Bybelvers van die dag

Welgeluksalig is hy wie se oortreding vergewe,
wie se sonde bedek is.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Wat ons gered en geroep het met 'n heilige roeping, nie volgens ons werke nie, maar volgens sy eie voorneme en genade wat ons van ewigheid af in Christus Jesus geskenk is.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk