DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Bybelverse oor Weduwees

  • Eer die weduwees wat waarlik weduwees is.
  • Reine en onbesmette godsdiens voor God en die Vader is dít: om wese en weduwees in hulle verdrukking te besoek en jou vlekkeloos te bewaar van die wêreld.
  • Julle mag geen weduwee of wees verdruk nie. As jy hulle op enige manier verdruk, waarlik, dan sal Ek, as hulle na My roep, hulle geroep sekerlik hoor, en my toorn sal ontvlam, en Ek sal julle met die swaard ombring, sodat julle vroue weduwees en julle kinders wese word.
  • Sing tot eer van God, psalmsing tot eer van sy Naam,
    vul die pad op vir Hom wat deur die woestynvlaktes ry:
    Here is sy Naam; en jubel voor sy aangesig!
    'n Vader van die wese en 'n regter van die weduwees
    is God in sy heilige woning.
  • Leer om goed te doen,
    soek die reg, beteuel die verdrukker,
    doen reg aan die wees,
    verdedig die saak van die weduwee.
  • So het die Here van die leërskare gespreek en gesê: Spreek 'n eerlike vonnis uit en bewys liefde en barmhartigheid die een aan die ander. En moet nie die weduwee en die wees, die vreemdeling en die arme verdruk nie en kwaad in julle hart teenoor mekaar bedink nie.
  • Die Here behoed die vreemdelinge;
    Hy rig wees en weduwee weer op;
    maar die weg van die goddelose maak Hy krom.
  • Maak jou mond oop, oordeel regverdig,
    en verskaf reg aan die ellendige en die behoeftige.
  • Want ek het die ellendige gered wat om hulp geroep het,
    en die wees en hom wat geen helper het nie.
    Die seën van hom wat klaar was om onder te gaan, het op my gekom;
    en die hart van die weduwee het ek laat jubel.
  • Maar as julle jul weë en julle handelinge waarlik goed maak, as julle waarlik reg doen onder mekaar; vreemdeling, wees en weduwee nie verdruk nie en geen onskuldige bloed in hierdie plek vergiet nie en agter ander gode nie aan loop tot julle eie skade nie — dan sal Ek julle laat woon in hierdie plek, in die land wat Ek aan julle vaders gegee het, van eeu tot eeu.

Bybelvers van die dag

Welgeluksalig is hy wie se oortreding vergewe,
wie se sonde bedek is.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Dan sal julle My aanroep en heengaan en tot My bid, en Ek sal na julle luister.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk