DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Bybelverse oor Geregtigheid

  • Wie geregtigheid en weldadigheid najaag,
    sal die lewe, geregtigheid en eer vind.
  • Wat elkeen sal vergeld na sy werke.
  • Maar jy, man van God, vlug van hierdie dinge weg, en jaag ná die geregtigheid, godsaligheid, geloof, liefde, lydsaamheid, sagmoedigheid.
  • Want die Here het die reg lief
    en sal sy gunsgenote nie verlaat nie;
    vir ewig word hulle bewaar,
    maar die nageslag van die goddelose word uitgeroei.
  • Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai.
  • Elke weg van 'n mens is reg in sy oë,
    maar die Here toets die harte.
  • Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.
  • Want hy sal nooit wankel nie;
    die regverdige sal in ewige gedagtenis wees.
  • Om geregtigheid en reg te doen,
    is vir die Here verkiesliker as offers.
  • Die oë van die Here is op die regverdiges,
    en sy ore tot hulle hulpgeroep.
  • Maar as julle ook moet ly ter wille van die geregtigheid, salig is julle. En vrees hulle glad nie, en wees nie ontsteld nie.
  • En laat ons nie moeg word om goed te doen nie, want op die regte tyd sal ons maai as ons nie verslap nie.
  • Sorg dat niemand 'n ander kwaad vir kwaad vergeld nie; maar jaag altyd ná wat goed is, teenoor mekaar sowel as teenoor almal.
  • Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.
  • Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is — watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit.
  • WANT die reddende genade van God het aan alle mense verskyn en leer ons om die goddeloosheid en wêreldse begeerlikhede te verloën, ingetoë en regverdig en vroom in die teenwoordige wêreld te lewe.
  • En die vrug van die geregtigheid word gesaai in vrede vir die wat vrede maak.
  • WELGELUKSALIG is die man
    wat nie wandel in die raad van die goddelose
    en nie staan op die weg van die sondaars
    en nie sit in die kring van die spotters nie.
  • Laat jou weg aan die Here oor
    en vertrou op Hom, en Hý sal dit uitvoer;
    en Hy sal jou geregtigheid laat voortkom soos die lig
    en jou reg soos die middag.
  • Skatte deur goddeloosheid verwerf, bring geen voordeel nie,
    maar geregtigheid red van die dood.
  • Salig is die wat honger en dors na die geregtigheid,
    want hulle sal versadig word.
  • Die goddelose behaal oneerlike wins,
    maar hy wat geregtigheid saai, 'n betroubare loon.
  • En as julle goed doen aan die wat aan julle goed doen, watter dank het julle? Want die sondaars doen ook dieselfde.
  • Ek soek U met my hele hart;
    laat my nie afdwaal van u gebooie nie.
  • Dit is vir die mens 'n strik dat hy onbedagsaam sê: Heilig!
    om dan eers ná die geloftes te oorweeg.

Nader tot God, en Hy sal tot julle nader. Reinig die hande, julle sondaars, en suiwer die harte, julle dubbelhartiges!
Lees meer...

Bybelvers van die dag

Net so neem Hy ook die beker ná die maaltyd en sê: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed wat vir julle uitgestort word.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Die Here sal jou seën en jou behoed;
die Here sal sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees;
die Here sal sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee.
Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk