Bybelverse oor God
- Die Here jou God is by jou,
'n held wat verlossing skenk.
Hy verheug Hom oor jou met blydskap;
Hy swyg in sy liefde;
Hy juig oor jou met gejubel. - Het Ek jou nie beveel nie: Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik nie; want die Here jou God is met jou, oral waar jy heengaan.
- Want Ek, die Here jou God,
gryp jou regterhand aan, Ek wat vir jou sê:
Wees nie bevrees nie, Ek help jou. - Dan sal julle daarvandaan die Here jou God soek en vind as jy Hom met jou hele hart en jou hele siel soek.
- Wie het ek buiten U in die hemel?
Buiten U begeer ek ook niks op die aarde nie. - Die dag as ek vrees, sal ék op U vertrou.
- Here, U is my God!
U sal ek verhoog;
u Naam sal ek loof;
want U het wonders gedoen,
raadsbesluite uit ver tye,
waarheid en trou. - Want U is my rots en my bergvesting;
en om u Naam ontwil sal U my lei en my bestuur. - Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.
- Daarom is U groot, Here God! Want daar is niemand soos U, en daar is geen God behalwe U nie, volgens alles wat ons met ons ore gehoor het.
- Want elke huis word deur iemand gebou, maar Hy wat alle dinge gebou het, is God.
- Ons het Hom lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het.
- Smaak en sien dat die Here goed is;
welgeluksalig is die man wat by Hom skuil! - En ons het die liefde wat God tot ons het, leer ken en geglo. God is liefde; en hy wat in die liefde bly, bly in God, en God in hom.
- STAAN op, word verlig; want jou lig kom,
en die heerlikheid van die Here gaan oor jou op. - Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai.
- Die gras verdor, die blom verwelk;
maar die woord van onse God hou stand in ewigheid. - Want hy wat my vind, het die lewe gevind
en verkry 'n welbehae van die Here. - Niemand het God ooit aanskou nie. As ons mekaar liefhet, bly God in ons en het sy liefde in ons volmaak geword.
- Want my gedagtes is nie julle gedagtes nie,
en julle weë is nie my weë nie, spreek die Here. - Niemand is heilig soos die Here nie;
ja, daar is niemand buiten U,
en daar is geen rots soos onse God nie. - As iemand sê: Ek het God lief — en sy broeder haat, is hy 'n leuenaar; want wie sy broeder wat hy gesien het, nie liefhet nie, hoe kan hy God liefhê wat hy nie gesien het nie?
- Ek het tot die Here gesê: U is my Here;
vir my is daar geen goed bo U nie. - Verneder julle voor die Here, en Hy sal julle verhoog.
- Kyk, Ek is die Here, die God van alle vlees; sou enige ding vir My te wonderbaar wees?
Bybelvers van die dag
Wie is dan tog die Erekoning?Die Here van die leërskare —
Hy is die Erekoning! Sela.