DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Bybelverse oor Nederigheid

  • Met alle nederigheid en sagmoedigheid, met lankmoedigheid, terwyl julle mekaar in liefde verdra.
  • Moenie iets doen uit selfsug of uit ydele eer nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself.
  • Kom die vermetelheid, dan kom die skande,
    maar by die beskeidenes is wysheid.
  • Verneder julle voor die Here, en Hy sal julle verhoog.
  • Wees eensgesind onder mekaar; moenie na hoë dinge streef nie, maar voeg julle by die nederige; moenie eiewys wees nie.
  • Julle versiering moet nie uiterlik wees nie: haarvlegtery en omhang van goud en aantrek van klere nie, maar die verborge mens van die hart in die onverganklike versiering van 'n sagmoedige en stille gees, wat baie kosbaar is voor God.
  • Beklee julle dan, as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, met innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid.
  • Die trotsheid van 'n mens verneder hom,
    maar die nederige van gees sal eer verkry.
  • Die loon van nederigheid is die vrees van die Here,
    is rykdom en eer en die lewe.
  • Verneder julle dan onder die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die regte tyd.
  • En my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.
  • Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; want my juk is sag en my las is lig.
  • WIE is wys en verstandig onder julle? Laat hom uit sy goeie lewenswandel sy werke in sagmoedige wysheid toon.
  • Voor die verbreking is die mens se hart hoogmoedig,
    maar nederigheid gaan aan die eer vooraf.
  • En toe Hy gaan sit het, roep Hy die twaalf en sê vir hulle: As iemand die eerste wil wees, moet hy die laaste van almal en almal se dienaar wees.
  • EN eindelik, wees almal eensgesind, medelydend, vol broederliefde en ontferming, vriendelik.
  • En wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie.
  • Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is;
    en wat vra die Here van jou
    anders as om reg te doen en liefde te betrag
    en ootmoedig te wandel met jou God?
  • Wanneer jy dan liefdadigheid bewys, moenie 'n trompet voor jou blaas soos die geveinsdes in die sinagoges en op die strate doen, dat hulle deur die mense geëer kan word nie. Voorwaar Ek sê vir julle, hulle het hul loon weg.
  • Die vrees van die Here is die tug van die wysheid,
    en nederigheid gaan aan die eer vooraf.
  • Die Here is goed en reg;
    daarom sal Hy sondaars leer aangaande die weg.
    Hy sal die ootmoediges lei in die reg
    en die ootmoediges sy weg leer.
  • Hy moet meer word, maar ek minder.
  • VROUE, wees julle mans onderdanig soos dit betaamlik is in die Here. Manne, julle moet jul vroue liefhê en nie teen hulle verbitter word nie.
  • En sê vir hulle: Elkeen wat hierdie kindjie ontvang in my Naam, ontvang My; en elkeen wat My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het; want wie die kleinste onder julle almal is, hy sal groot wees.
  • Want julle is tot vryheid geroep, broeders; gebruik net nie julle vryheid as 'n aanleiding vir die vlees nie, maar dien mekaar deur die liefde.

Aan onse God en Vader die heerlikheid tot in alle ewigheid! Amen.
Lees meer...

Bybelvers van die dag

Welgeluksalig is hy wie se oortreding vergewe,
wie se sonde bedek is.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Beproef alle dinge; behou die goeie. Onthou julle van elke vorm van kwaad.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk