DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Bybelverse oor Res

  • Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.
  • Ja, my siel is stil tot God;
    van Hom is my heil.
  • Ek wil in vrede gaan lê en meteens aan die slaap raak;
    want U, o Here, alleen laat my in veiligheid woon.
  • So spreek die Here:
    Staan op die weë,
    en kyk en vra na die ou paaie,
    waar tog die goeie weg is, en wandel daarin;
    en julle sal rus vind vir julle siel.
    Maar hulle het gesê: Ons wil daarin nie wandel nie.
  • Die Here is my herder;
    niks sal my ontbreek nie.
    Hy laat my neerlê in groen weivelde;
    na waters waar rus is, lei Hy my heen.
  • HY wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit,
    sal vernag in die skaduwee van die Almagtige.
    Ek sal tot die Here sê: My toevlug en my bergvesting,
    my God op wie ek vertrou.
  • Daar bly dus 'n sabbatsrus oor vir die volk van God; want wie in sy rus ingegaan het, rus ook self van sy werke soos God van syne.
  • Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; want my juk is sag en my las is lig.
  • Smaak en sien dat die Here goed is;
    welgeluksalig is die man wat by Hom skuil!
  • Laat ons ons dan beywer om in te gaan in dié rus, sodat niemand in dieselfde voorbeeld van ongehoorsaamheid mag val nie.
  • En die einde van alle dinge is naby; wees dan ingetoë en nugter, om te kan bid.
  • Onderhou die sabbatdag, dat jy dit heilig soos die Here jou God jou beveel het. Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen; maar die sewende dag is die sabbat van die Here jou God; dan mag jy géén werk doen nie — jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou os of jou esel of enige dier van jou, of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie; sodat jou dienskneg en jou diensmaagd kan rus soos jy.
  • Wees net maar stil tot God, my siel,
    want van Hom is my verwagting!

Bybelvers van die dag

Welgeluksalig is hy wie se oortreding vergewe,
wie se sonde bedek is.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk