Bybelverse oor Begrip
- Roep My aan, en Ek sal jou antwoord en jou bekend maak groot en ondeurgrondelike dinge wat jy nie weet nie.
- Soos jy nie weet wat die weg van die wind is, of hoe die gebeente in die skoot van 'n swangere is nie, net so weet jy nie die werk van God wat alles doen nie.
- Die lankmoedige is groot van verstand,
maar die kortgebondene behaal sotheid. - Die beginsel van die wysheid is: Verwerf wysheid
en verwerf insig deur al wat jy besit. - Ek wil jou onderrig en jou leer aangaande die weg wat jy moet gaan;
Ek wil raad gee; my oog sal op jou wees. - Elke weg van 'n mens is reg in sy oë,
maar die Here toets die harte. - Omdat ons nie let op die sigbare dinge nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.
- Dat die God van onse Here Jesus Christus, die Vader van die heerlikheid, aan julle die Gees van wysheid en openbaring in kennis van Hom mag gee.
- Baie planne is in 'n man se hart,
maar die raad van die Here, dié sal bestaan. - Beproef alle dinge; behou die goeie. Onthou julle van elke vorm van kwaad.
- Die opening van u woorde gee lig;
dit maak die eenvoudiges verstandig. - Maar Jesus het hulle aangekyk en vir hulle gesê: By mense is dit onmoontlik, maar by God is alle dinge moontlik.
- Want soos die hemel hoër is as die aarde,
so is my weë hoër as julle weë
en my gedagtes as julle gedagtes. - Weet jy dit nie? Of het jy dit nie gehoor nie?
'n Ewige God is die Here,
Skepper van die eindes van die aarde;
Hy word nie moeg of mat nie;
daar is geen deurgronding van sy verstand nie. - Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie.
- Maar julle moet toeneem in die genade en kennis van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus. Aan Hom kom die heerlikheid toe, nou sowel as in die dag van die ewigheid. Amen.
- WEE hom wat met sy Formeerder twis — 'n potskerf by erdepotskerwe! Sal dan die klei sê aan die wat dit vorm: Wat maak jy? Of jou werk sê: Hy het geen hande nie!
- O, DIEPTE van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele en onnaspeurlik sy weë!
- Gelukkig die mens wat wysheid gevind het,
en die mens wat verstand verkry. - Verkry wysheid, verkry insig;
vergeet nie en wyk nie af van die woorde van my mond nie. - Laat niemand, as hy in versoeking kom, sê: Ek word deur God versoek nie. Want God kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie.
- Want duisend jaar is in u oë
soos die dag van gister as dit verbyskiet,
en soos 'n nagwaak. - Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.
- Dat hulle harte vertroos mag word, deurdat hulle saamgevoeg word in die liefde en tot alle rykdom van die volle versekerdheid van insig, om die verborgenheid te leer ken van God en die Vader en van Christus.
- En toe Hy gaan sit het, roep Hy die twaalf en sê vir hulle: As iemand die eerste wil wees, moet hy die laaste van almal en almal se dienaar wees.