Bybelverse oor Geduld
- Die lankmoedige is groot van verstand,
maar die kortgebondene behaal sotheid. - Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie, handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie.
- Verbly julle in die hoop; wees geduldig in die verdrukking; volhard in die gebed.
- Met alle nederigheid en sagmoedigheid, met lankmoedigheid, terwyl julle mekaar in liefde verdra.
- Maar as ons hoop wat ons nie sien nie, dan wag ons daarop met volharding.
- En laat ons nie moeg word om goed te doen nie, want op die regte tyd sal ons maai as ons nie verslap nie.
- Die lankmoedige is beter as 'n held;
en hy wat sy gees beheers, as een wat 'n stad inneem. - Swyg voor die Here en verwag Hom;
wees nie toornig op hom wat voorspoedig in sy weg is nie,
op die man wat listige planne uitvoer nie. - Wag op die Here!
Wees sterk en laat jou hart sterk wees!
Ja, wag op die Here! - Die Here sal vir julle stry, en julle moet stil wees.
- Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.
- Beklee julle dan, as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, met innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid.
- En mag die God van lydsaamheid en bemoediging aan julle gee om eensgesind onder mekaar te wees ooreenkomstig die wil van Christus Jesus.
- Want 'n oomblik is daar in sy toorn,
'n lewe in sy goedgunstigheid;
saans vernag die geween,
maar smôrens is daar gejuig. - In die môre, Here, sal U my stem hoor;
in die môre sal ek dit aan U voorlê en afwag. - En daarom sal die Here met ongeduld daarop wag
om julle genadig te wees,
en daarom sal Hy Hom verhef
om Hom oor julle te ontferm;
want die Here is 'n God van die gerig.
Welgeluksalig almal wat op Hom wag! - Barmhartig en genadig is die Here,
lankmoedig en groot van goedertierenheid. - Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.
- Maar daarom is aan my barmhartigheid bewys, dat Jesus Christus in my as die vernaamste al sy lankmoedigheid sou betoon, om 'n voorbeeld te wees vir die wat in Hom sal glo tot die ewige lewe.
- Maar laat hierdie een ding julle nie ontgaan nie, geliefdes, dat een dag by die Here soos duisend jaar is en duisend jaar soos een dag.
- Verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering.
- Waak dan, omdat julle nie weet watter uur julle Here kom nie.
- Kyk, Ek kom gou! Hou vas wat jy het, sodat niemand jou kroon kan neem nie.
- En skeur julle hart en nie julle klere nie,
en bekeer julle tot die Here julle God;
want Hy is genadig en barmhartig,
lankmoedig en groot van goedertierenheid,
en Een wat berou het oor die onheil. - Die verwagting van die regverdiges is vreugde,
maar die hoop van die goddelose vergaan.
Bybelvers van die dag
Die jong leeus ly armoede en het honger;maar die wat die Here soek,
het geen gebrek aan enigiets nie.