Bybelverse oor Bekering
- En my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.
- Kom dan tot inkeer en bekeer julle, sodat julle sondes uitgewis kan word en tye van verkwikking van die aangesig van die Here mag kom.
- As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.
- Hy wat sy oortredinge bedek, sal nie voorspoedig wees nie;
maar hy wat dit bely en laat staan, sal barmhartigheid vind. - Want die Here julle God is genadig en barmhartig, en Hy sal die aangesig van julle nie afwend nie as julle jul tot Hom bekeer.
- Dra dan vrugte wat by die bekering pas.
- Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.
- Van toe af het Jesus begin om te preek en te sê: Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom.
- Maar gaan leer wat dit beteken: Ek wil barmhartigheid hê en nie offerande nie; want Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering.
- Nader tot God, en Hy sal tot julle nader. Reinig die hande, julle sondaars, en suiwer die harte, julle dubbelhartiges!
- Almal wat Ek liefhet, bestraf en tugtig Ek. Wees dan ywerig en bekeer jou.
- Want Ek het geen behae in die dood van hom wat sterwe nie, spreek die Here Here. Bekeer julle dan en lewe.
- En skeur julle hart en nie julle klere nie,
en bekeer julle tot die Here julle God;
want Hy is genadig en barmhartig,
lankmoedig en groot van goedertierenheid,
en Een wat berou het oor die onheil. - Ek sê vir julle dat daar net so blydskap sal wees in die hemel oor een sondaar wat hom bekeer, meer as oor negen-en-negentig regverdiges wat die bekering nie nodig het nie.
- God het dan die tye van onkunde oorgesien en verkondig nou aan al die mense oral dat hulle hul moet bekeer.
- En gesê: Die tyd is vervul en die koninkryk van God het naby gekom; bekeer julle en glo die evangelie.
- Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering.
- Nee, sê Ek vir julle; maar as julle jul nie bekeer nie, sal julle almal net so omkom.
- Keer terug na My, spreek die Here van die leërskare, en Ek sal na julle terugkeer, sê die Here van die leërskare.
- En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.
- So, sê Ek vir julle, is daar blydskap voor die engele van God oor een sondaar wat hom bekeer.
- Wend julle tot my teregwysing,
dan laat ek my gees vir julle uitstroom,
wil ek my woorde aan julle bekend maak. - En as jou broeder teen jou sondig, bestraf hom; en as hy berou kry, vergewe hom. En as hy sewe maal op 'n dag teen jou sondig en sewe maal op 'n dag na jou terugkom en sê: Ek het berou — moet jy hom vergewe.
- Want die droefheid volgens die wil van God werk 'n onberoulike bekering tot redding, maar die droefheid van die wêreld werk die dood.
- Die offers van God is 'n gebroke gees;
'n gebroke en verslae hart
sal U, o God, nie verag nie!
Bybelvers van die dag
Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!Willekeurig Bybelvers
Die geskenk van iemand maak vir hom ruimteen bring hom in die teenwoordigheid van die aansienlikes.Volgende vers!Met beeld