Bybelverse oor Vreugde
- Wees altyddeur bly. Bid sonder ophou. Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle.
- Die Here jou God is by jou,
'n held wat verlossing skenk.
Hy verheug Hom oor jou met blydskap;
Hy swyg in sy liefde;
Hy juig oor jou met gejubel. - Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle!
- Verbly julle in die hoop; wees geduldig in die verdrukking; volhard in die gebed.
- As my gedagtes binne-in my vermenigvuldig,
dan verkwik u vertroostinge my siel. - Dit is die dag wat die Here gemaak het;
laat ons daaroor juig en bly wees. - Alhoewel die vyeboom nie sal bloei
en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie,
die drag van die olyfboom sal teleurstel
en die saailande geen voedsel oplewer nie,
die kleinvee uit die kraal verdwyn
en geen beeste in die stalle sal wees nie —
nogtans sal ek jubel in die Here,
ek sal juig in die God van my heil. - U sal my die pad van die lewe bekend maak;
versadiging van vreugde is voor u aangesig,
lieflikhede in u regterhand, vir ewig. - Ek is baie bly in die Here,
my siel juig in my God;
want Hy het my beklee met die klere van heil,
my in die mantel van geregtigheid gewikkel —
soos 'n bruidegom wat priesterlik die hoofversiersel ombind,
en soos 'n bruid wat haar versier met haar juwele. - Vir wie julle, al het julle Hom nie gesien nie, tog liefhet; in wie julle, al sien julle Hom nou nie, tog glo en julle verbly met 'n onuitspreeklike en heerlike blydskap, en die einddoel van julle geloof, die saligheid van julle siele, verkry.
- Tot nou toe het julle niks in my Naam gevra nie. Bid en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees.
- Dit het Ek vir julle gesê, dat my blydskap in julle kan bly en julle blydskap volkome kan word.
- Daarom het ek behae in swakhede, in mishandelinge, in node, in vervolginge, in benoudhede, om Christus wil. Want as ek swak is, dan is ek sterk.
- 'n Man het blydskap in die regte antwoord van sy mond,
en hoe goed is 'n woord op sy tyd! - Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing. Teen sulke dinge is die wet nie.
- U is 'n skuilplek vir my; U bewaar my vir benoudheid;
U omring my met vrolike gesange van bevryding. Sela. - Laat elkeen gee soos hy hom in sy hart voorneem, nie met droefheid of uit dwang nie, want God het 'n blymoedige gewer lief.
- Wees bly met die wat bly is, en ween met die wat ween.
- 'n Vrolike hart bevorder die genesing,
maar 'n verslae gees laat die gebeente uitdroog. - Sodat ek met blydskap deur die wil van God by julle kan kom en my saam met julle kan verkwik.
- In U wil ek bly wees en juig;
ek wil psalmsing tot eer van u Naam, o Allerhoogste. - Ek het u getuienisse vir ewig as erfdeel ontvang,
want hulle is die vreugde van my hart. - Want die Here het 'n welbehae in sy volk;
Hy versier die ootmoediges met heil. - En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en 'n beloner is van die wat Hom soek.
- Maar die godsaligheid saam met vergenoegdheid is 'n groot wins.