Bybelverse oor Onberispelik
- Hy wat opreg wandel en geregtigheid doen,
en wat met sy hart die waarheid spreek;
wat nie rondgaan met laster op sy tong nie,
sy vriend geen kwaad doen
en geen smaadrede uitspreek teen sy naaste nie. - Doen alles sonder murmurering en teëspraak, sodat julle onberispelik en opreg kan wees, kinders van God sonder gebrek te midde van 'n krom en verdraaide geslag onder wie julle skyn soos ligte in die wêreld, deurdat julle die woord van die lewe vashou.
- Want ons almal struikel dikwels. As iemand in woorde nie struikel nie, is hy 'n volmaakte man, in staat om ook die hele liggaam in toom te hou.
- Sorg dat niemand 'n ander kwaad vir kwaad vergeld nie; maar jaag altyd ná wat goed is, teenoor mekaar sowel as teenoor almal.
- En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.
- En beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van die volmaaktheid is.
- Die weg van God is volmaak;
die woord van die Here is gelouter;
Hy is 'n skild vir almal
wat by Hom skuil. - WELGELUKSALIG is die opregtes van weg,
wat in die wet van die Here wandel. - MAAR ek vermaan julle, broeders, in die Naam van onse Here Jesus Christus, om almal eenstemmig te wees, en dat daar geen skeuringe onder julle moet wees nie, maar dat julle verenig moet wees in dieselfde gesindheid en in dieselfde mening.
- Want Hy weet hoe my wandel is;
as Hy my toets, sal ek soos goud te voorskyn kom.
Aan sy voetstap het my voet vasgehou;
sy weg het ek bewaar sonder om uit te draai. - En Hy bewaar hulp vir die opregtes,
Hy is 'n skild vir die wat regskape wandel. - Die weg van God is volmaak;
die woord van die Here is gelouter;
Hy is 'n skild vir almal wat by Hom skuil. - Reine en onbesmette godsdiens voor God en die Vader is dít: om wese en weduwees in hulle verdrukking te besoek en jou vlekkeloos te bewaar van die wêreld.
- Tot nou toe het julle niks in my Naam gevra nie. Bid en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees.
- En nadat Hy volmaak is, het Hy vir almal wat Hom gehoorsaam is, 'n bewerker van ewige saligheid geword.
- Dit het Ek vir julle gesê, dat my blydskap in julle kan bly en julle blydskap volkome kan word.
- Elke goeie geskenk en elke volmaakte gawe daal van bo af neer, van die Vader van die ligte, by wie daar geen verandering of skaduwee van omkering is nie.
- Jesus antwoord hom: As jy volmaak wil wees, gaan verkoop jou goed en gee dit aan die armes, en jy sal 'n skat in die hemel hê; en kom hier, volg My.
- By die liefderyke betoon U Uself liefderyk,
by die opregte man opreg.