Bybelverse oor Woord van God
- Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is 'n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart.
- Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.
- U woord is 'n lamp vir my voet
en 'n lig vir my pad. - En word daders van die woord en nie net hoorders wat julleself bedrieg nie.
- Waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou?
Deur dit te hou na u woord. - En Hy sê: Ja, maar salig is hulle wat die woord van God hoor en dit bewaar.
- Die gras verdor, die blom verwelk;
maar die woord van onse God hou stand in ewigheid. - Die weg van God is volmaak;
die woord van die Here is gelouter;
Hy is 'n skild vir almal
wat by Hom skuil. - Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met 'n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het.
- Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie.
- Doen alles sonder murmurering en teëspraak, sodat julle onberispelik en opreg kan wees, kinders van God sonder gebrek te midde van 'n krom en verdraaide geslag onder wie julle skyn soos ligte in die wêreld, deurdat julle die woord van die lewe vashou.
- Die opening van u woorde gee lig;
dit maak die eenvoudiges verstandig. - Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.
- IN die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.
- Want die woord van die Here is reg,
en al sy werk is met trou. - Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.
- Deur God sal ek sy woord prys;
ek vertrou op God, ek vrees nie;
wat kan vlees my doen? - En verlang sterk soos pasgebore kindertjies na die onvervalste melk van die woord, dat julle daardeur kan opgroei.
- Want die Here gee wysheid,
uit sy mond kom kennis en verstand. - En Jesus sê vir die Jode wat in Hom geglo het: As julle in my woord bly, is julle waarlik my dissipels. En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.
- U is my skuilplek en my skild;
op u woord wag ek. - So sal my woord wees wat uit my mond uitgaan:
dit sal nie leeg na My terugkeer nie,
maar doen wat My behaag
en voorspoedig wees in alles waartoe Ek dit stuur. - Daarom, doen afstand van alle vuiligheid en oorvloed van boosheid, en ontvang met sagmoedigheid die ingeplante woord, wat in staat is om julle siele te red.
- En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon — en ons het sy heerlikheid aanskou, 'n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom — vol van genade en waarheid.
- En Hy het jou verootmoedig en jou laat honger ly en jou die manna laat eet wat jy en jou vaders nie geken het nie, om aan jou bekend te maak dat die mens nie van brood alleen lewe nie, maar dat die mens lewe van alles wat uit die mond van die Here uitgaan.