Bybelverse oor Beskerming
- Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.
- U is 'n skuilplek vir my; U bewaar my vir benoudheid;
U omring my met vrolike gesange van bevryding. Sela. - God is vir ons 'n toevlug en sterkte;
as hulp in benoudhede is Hy in hoë mate beproef. - Wees sterk en vol moed; wees nie bevrees en word nie verskrik vir hulle nie; want dit is die Here jou God wat saam met jou trek; Hy sal jou nie begewe of verlaat nie.
- Elke wapen wat teen jou gesmee word, sal niks uitrig nie;
en elke tong wat teen jou opstaan in die gereg, sal jy weerlê.
Dit is die erfdeel van die knegte van die Here
en hulle geregtigheid wat uit My is, spreek die Here. - Daarom kan ons met alle vrymoedigheid sê: Die Here is vir my 'n Helper, en ek sal nie vrees nie; wat sal 'n mens aan my doen?
- Ook het U my die skild van u uitredding gegee,
en u regterhand het my ondersteun,
en u neerbuigende goedheid het my groot gemaak.
U het my voetstap ruim gemaak onder my,
en my enkels het nie gewankel nie. - Bewaar my, o God,
want by U skuil ek. - Die Here sal vir julle stry, en julle moet stil wees.
- Die Here is vír my; ek sal nie vrees nie:
wat kan 'n mens my doen? - U is my skuilplek en my skild;
op u woord wag ek. - Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.
- En tot die ouderdom toe is Ék dieselfde,
ja, tot die grysheid toe sal Ek julle dra;
Ék het dit gedoen, en Ék sal julle opneem,
en Ék sal dra en red. - Die weg van God is volmaak;
die woord van die Here is gelouter;
Hy is 'n skild vir almal
wat by Hom skuil. - Hy sal jou dek met sy vlerke,
en onder sy vleuels sal jy skuil;
sy trou is 'n skild en pantser. - Maar ék sal sing van u sterkte
en elke môre jubel oor u goedertierenheid,
want U was 'n rotsvesting vir my
en 'n toevlug in die dag toe ek benoud was. - Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word,
want daaruit is die oorspronge van die lewe. - WAT sal ons dan van hierdie dinge sê? As God vír ons is, wie kan teen ons wees?
- Maar U, Here, is 'n skild wat my beskut,
my eer en die Een wat my hoof ophef. - Ek stel die Here altyddeur voor my;
omdat Hy aan my regterhand is, sal ek nie wankel nie. - Of dink jy dat Ek nie nou my Vader kan bid en Hy vir My meer as twaalf legioene van engele beskikbaar sal stel nie?
- Dit is beter om by die Here te skuil
as om op mense te vertrou. - Elke woord van God is gelouter;
Hy is 'n skild vir die wat by Hom skuil. - Die Naam van die Here is 'n sterk toring;
die regverdige hardloop daarin en word beskut. - Want wie is God buiten die Here,
en wie 'n rots buiten onse God?
Bybelvers van die dag
Wees sterk, en laat julle hart sterk wees,almal wat op die Here wag!