Bybelverse oor Afhanklikheid
- Want Ek, die Here jou God,
gryp jou regterhand aan, Ek wat vir jou sê:
Wees nie bevrees nie, Ek help jou. - Vertrou op die Here met jou hele hart
en steun nie op jou eie insig nie.
Ken Hom in al jou weë,
dan sal Hý jou paaie gelykmaak. - Die hart van die mens dink sy weg uit,
maar die Here rig sy voetstappe. - Al beswyk my vlees en my hart —
God is die rots van my hart
en my deel tot in ewigheid. - Ek slaan my oë op na die berge:
waar sal my hulp vandaan kom?
My hulp is van die Here
wat hemel en aarde gemaak het. - Baie planne is in 'n man se hart,
maar die raad van die Here, dié sal bestaan. - Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie.
- Hy gee die vermoeide krag
en vermenigvuldig sterkte vir die wat geen kragte het nie. - Nie dat ek dit uit gebrek sê nie, want ek het geleer om vergenoeg te wees met die omstandighede waarin ek is.
- Hy kan jou voet nie laat wankel nie;
jou Bewaarder kan nie sluimer nie. - Kwel julle dus nie oor môre nie, want môre sal hom oor sy eie dinge kwel. Elke dag het genoeg aan sy eie kwaad.
- Die Here is my herder;
niks sal my ontbreek nie.
Hy laat my neerlê in groen weivelde;
na waters waar rus is, lei Hy my heen. - Ek stel die Here altyddeur voor my;
omdat Hy aan my regterhand is, sal ek nie wankel nie. - Wees eensgesind onder mekaar; moenie na hoë dinge streef nie, maar voeg julle by die nederige; moenie eiewys wees nie.
- Die Here sal vir julle stry, en julle moet stil wees.
- As die Here die huis nie bou nie,
tevergeefs werk die wat daaraan bou;
as die Here die stad nie bewaar nie,
tevergeefs waak die wagter. - Die seën van die Here — dit maak ryk,
en moeitevolle arbeid voeg daar niks by nie. - As ek dink: My voet wankel —
dan ondersteun u goedertierenheid my, o Here! - Uit die benoudheid het ek die Here aangeroep;
die Here het my verhoor in die ruimte. - Wees goedsmoeds op die dag van voorspoed, en op die dag van onheil, bedink dan: Ook hierdie dag het God gemaak net soos daardie, daarom dat die mens ná sy dood niks meer sal ontdek nie.
- Want wie is ek tog, en wat is my volk, dat ons in staat sou wees om sulke vrywillige gawes te skenk? Want dit kom alles van U, en uit u hand het ons dit aan U gegee.
- En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie.
- Bewaar my, o God,
want by U skuil ek. - Want hulle het die land nie deur hul swaard in besit geneem nie,
en hul arm het hulle nie die oorwinning gegee nie,
maar u regterhand en u arm en die lig van u aangesig,
omdat U 'n welbehae in hulle gehad het. - O Here, God van die leërskare, herstel ons;
laat u aangesig skyn, sodat ons verlos kan word!
Bybelvers van die dag
U sal my die pad van die lewe bekend maak;versadiging van vreugde is voor u aangesig,
lieflikhede in u regterhand, vir ewig.