Bybelverse oor Beplanning
- Laat jou werke aan die Here oor,
dan sal jou planne uitgevoer word. - Want wie van julle wat 'n toring wil bou, gaan nie eers sit en die koste bereken, of hy die middele het om dit uit te voer nie?
- Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die Here, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle 'n hoopvolle toekoms te gee.
- Die hart van die mens dink sy weg uit,
maar die Here rig sy voetstappe. - Mag Hy u gee na u hart
en al u voornemens vervul! - Planne misluk sonder beraadslaging,
maar deur die veelheid van raadgewers kom dit tot stand. - Baie planne is in 'n man se hart,
maar die raad van die Here, dié sal bestaan. - Laat my u goedertierenheid in die môre hoor,
want op U vertrou ek;
maak my bekend die pad wat ek moet gaan,
want ek hef my siel op tot U. - ALLES het sy bepaalde uur, en vir elke saak onder die hemel is daar 'n tyd.
- Want my gedagtes is nie julle gedagtes nie,
en julle weë is nie my weë nie, spreek die Here. - Vermoei jou nie om ryk te word nie,
laat staan jou slimheid. - Leer ons om ons dae so te tel
dat ons 'n wyse hart mag bekom! - Want soos die hemel hoër is as die aarde,
so is my weë hoër as julle weë
en my gedagtes as julle gedagtes. - Ook dit kom van die Here van die leërskare:
Hy is wonderbaar van raad, groot van beleid. - Maar God het dit aan ons deur sy Gees geopenbaar, want die Gees ondersoek alle dinge, ook die dieptes van God.
- Want die Here Here doen niks
tensy Hy sy raadsbesluit aan sy knegte,
die profete, geopenbaar het nie. - Wees nie afgunstig op 'n man van geweld
en verkies geeneen van sy weë nie.
Want die verkeerde is vir die Here 'n gruwel,
maar sy verborgenheid is met die opregtes.
Bybelvers van die dag
Wie is dan tog die Erekoning?Die Here van die leërskare —
Hy is die Erekoning! Sela.