DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Bybelverse oor Seën

  • Die Here sal jou seën en jou behoed;
    die Here sal sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees;
    die Here sal sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee.
  • Geseënd is die man wat op die Here vertrou,
    en wie se vertroue die Here is.
    Want hy sal wees soos 'n boom wat by die water geplant is
    en sy wortels uitskiet by die stroom
    en nie vrees as daar hitte kom nie,
    maar sy blad bly groen;
    en in 'n jaar van droogte is hy nie besorg nie
    en hou nie op om vrugte te dra nie.
  • Mag Hy u gee na u hart
    en al u voornemens vervul!
  • Laat jou werke aan die Here oor,
    dan sal jou planne uitgevoer word.
  • Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die Here, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle 'n hoopvolle toekoms te gee.
  • En my God sal elke behoefte van julle vervul na sy rykdom in heerlikheid deur Christus Jesus.
  • En julle moet die Here julle God dien; dan sal Hy jou brood en jou water seën, en Ek sal siektes uit jou midde verwyder.
  • Smaak en sien dat die Here goed is;
    welgeluksalig is die man wat by Hom skuil!
  • Wat ek jou vandag beveel, is om die Here jou God lief te hê, in sy weë te wandel en sy gebooie en sy insettinge en sy verordeninge te hou, sodat jy kan lewe en vermenigvuldig en die Here jou God jou mag seën in die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem.
  • Die Here is my herder;
    niks sal my ontbreek nie.
    Hy laat my neerlê in groen weivelde;
    na waters waar rus is, lei Hy my heen.
  • Wie ag gee op die Woord, sal die goeie vind;
    en hy wat op die Here vertrou, is gelukkig.
  • Seën die wat julle vervolg, seën en moenie vervloek nie.
  • O, Hoe groot is u goedheid
    wat U weggelê het vir die wat U vrees,
    wat U uitgewerk het vir die wat by U skuil,
    in teenwoordigheid van die mensekinders!
  • Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle gees! Amen.
  • En God het mag om alle genade oorvloedig oor julle te laat wees, sodat julle altyd in alle opsigte volop kan hê en oorvloedig kan wees tot elke goeie werk.
  • Maar Ek sê vir julle wat luister: Julle moet jul vyande liefhê en goed doen aan die wat vir julle haat. Seën die wat vir julle vervloek, en bid vir die wat julle beledig.
  • Vergeld geen kwaad met kwaad of skeldwoorde met skeldwoorde nie, maar seën inteendeel, omdat julle weet dat julle hiertoe geroep is, sodat julle seën kan beërwe.
  • Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing. Teen sulke dinge is die wet nie.
  • Geliefde, ek wens dat dit met jou in alles goed mag gaan en dat jy gesond is, soos dit met jou siel goed gaan.
  • Die seën van die Here — dit maak ryk,
    en moeitevolle arbeid voeg daar niks by nie.
  • AS jy dan goed luister na die stem van die Here jou God om sorgvuldig te hou al sy gebooie wat ek jou vandag beveel, dan sal die Here jou God jou die hoogste stel bo al die nasies van die aarde.
  • Salig is die wat honger en dors na die geregtigheid,
    want hulle sal versadig word.
  • Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle almal! Amen.
  • Welgeluksalig is die wat sy getuienisse bewaar,
    Hom van ganser harte soek.
  • En sy heer sê vir hom: Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou heer.

Salig is die vredemakers,
want hulle sal kinders van God genoem word.
Lees meer...

Bybelvers van die dag

Welgeluksalig is hy wie se oortreding vergewe,
wie se sonde bedek is.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Hy kan jou voet nie laat wankel nie;
jou Bewaarder kan nie sluimer nie.
Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk