Bybelverse oor Veiligheid
- Maar die Here is getrou; Hy sal julle versterk en bewaar van die Bose.
- Die Here is my lig en my heil:
vir wie sou ek vrees?
Die Here is die toevlug van my lewe:
vir wie sou ek vervaard wees? - HY wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit,
sal vernag in die skaduwee van die Almagtige.
Ek sal tot die Here sê: My toevlug en my bergvesting,
my God op wie ek vertrou. - God is vir ons 'n toevlug en sterkte;
as hulp in benoudhede is Hy in hoë mate beproef. - U is 'n skuilplek vir my; U bewaar my vir benoudheid;
U omring my met vrolike gesange van bevryding. Sela. - Ek wil in vrede gaan lê en meteens aan die slaap raak;
want U, o Here, alleen laat my in veiligheid woon. - Die Here is goed,
'n toevlug in die dag van benoudheid,
en Hy ken die wat by Hom skuil. - Werp jou sorg op die Here,
en Hy sal jou onderhou;
Hy sal nooit die regverdige laat wankel nie. - Hy sal jou dek met sy vlerke,
en onder sy vleuels sal jy skuil;
sy trou is 'n skild en pantser. - As 'n skrandere die onheil sien, verberg hy hom;
maar die eenvoudiges gaan verder, word gestraf. - U sal 'n standvastige gesindheid in volle vrede bewaar,
want hulle vertrou op U. - Hy wat in opregtheid wandel, wandel veilig,
maar hy wat sy weë krom maak, word bekend. - Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose bewaar.
- Die Here sal dit vir my voleindig!
U goedertierenheid, Here, is tot in ewigheid:
laat nie vaar die werke van u hande nie! - Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons waak en nugter wees.
- Dit is beter om by die Here te skuil
as om op mense te vertrou. - Want Ek verkwik die vermoeide siel en elke kwynende siel versadig Ek.
- Die Naam van die Here is 'n sterk toring;
die regverdige hardloop daarin en word beskut. - Hy alleen is my rots en my heil,
my rotsvesting; ek sal nie grootliks wankel nie. - Vertrou op die Here, en doen wat goed is;
bewoon die aarde en beoefen getrouheid. - So is die Here dan 'n rotsvesting vir die verdrukte,
'n rotsvesting in tye van benoudheid. - Al word 'n laer teen my opgeslaan,
my hart sal nie vrees nie;
al staan 'n oorlog teen my op,
nogtans vertrou ek. - Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.
- Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly.
- Maak my gesond, Here, dan sal ek gesond word;
verlos my, dan sal ek verlos word;
want U is my lof.