Bybelverse oor Bose
- Laat jou nie deur die kwaad oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie.
- Die Here sal jou bewaar vir elke onheil;
jou siel sal Hy bewaar.
Die Here sal jou uitgang en jou ingang bewaar,
van nou af tot in ewigheid. - Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.
- Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.
- En ek vermaan julle, broeders, hou hulle in die oog wat tweedrag en aanstoot veroorsaak teen die leer wat julle geleer het, en vermy hulle.
- En Hy sê: Wat uit die mens uitgaan, dit maak die mens onrein. Want van binne, uit die hart van die mense, kom die slegte gedagtes, egbreuk, hoerery, moord, diewery, hebsug, boosheid, bedrog, losbandigheid, afguns, lastering, hoogmoed, dwaasheid. Al hierdie booshede kom van binne uit en maak die mens onrein.
- Die vrees van die Here is om te haat wat sleg is;
hoogmoed en trotsheid en 'n slegte wandel
en 'n huigelagtige mond haat ek. - Want júlle het wel kwaad teen my bedink, maar God het dit ten goede gedink om te doen soos dit vandag is, om 'n groot volk in die lewe te hou.
- Sorg dat niemand 'n ander kwaad vir kwaad vergeld nie; maar jaag altyd ná wat goed is, teenoor mekaar sowel as teenoor almal.
- Word toornig en moenie sondig nie; laat die son nie ondergaan oor julle toorn nie; en gee aan die duiwel geen plek nie.
- Beproef alle dinge; behou die goeie. Onthou julle van elke vorm van kwaad.
- Wees nie wys in jou eie oë nie;
vrees die Here, en wyk af van die kwaad;
dit sal genesing wees vir jou liggaam
en verkwikking vir jou gebeente. - LAAT die liefde ongeveins wees; verafsku wat sleg is; hang die goeie aan.
- O Liefhebbers van die Here, haat die kwaad!
Hy bewaar die siele van sy gunsgenote,
Hy red hulle uit die hand van die goddelose. - Wyk af van wat verkeerd is, en doen wat goed is;
soek die vrede en jaag dit na. - Haat verwek twiste,
maar liefde bedek al die oortredinge. - Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose bewaar.
- En die Here sal my verlos van elke bose werk en my red om in sy hemelse koninkryk in te gaan. Aan Hom die heerlikheid tot in alle ewigheid! Amen.
- So het die Here van die leërskare gespreek en gesê: Spreek 'n eerlike vonnis uit en bewys liefde en barmhartigheid die een aan die ander. En moet nie die weduwee en die wees, die vreemdeling en die arme verdruk nie en kwaad in julle hart teenoor mekaar bedink nie.
- Was julle, reinig julle,
neem die boosheid van julle handelinge voor my oë weg,
hou op om kwaad te doen. - Maak my voetstappe vas in u woord,
en laat geen ongeregtigheid oor my heers nie. - En lei ons nie in versoeking nie,
maar verlos ons van die Bose.
Want aan U behoort die koninkryk
en die krag en die heerlikheid
tot in ewigheid. Amen. - En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie.
- Daarom, doen afstand van alle vuiligheid en oorvloed van boosheid, en ontvang met sagmoedigheid die ingeplante woord, wat in staat is om julle siele te red.
- Die aangesig van die Here is teen die kwaaddoeners,
om hulle gedagtenis van die aarde af uit te roei.