Bybelverse oor Vriendskap
- Die vriend het altyd lief,
en die broer word gebore met die oog op die nood. - 'n Man met baie vriende word geruïneer,
maar daar is 'n vriend wat sterker aanhang as 'n broer. - Groter liefde het niemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee.
- Want as hulle val, kan die een sy maat optel, maar wee die een wat val sonder dat daar 'n tweede is om hom op te tel.
- Kyk, hoe goed en hoe lieflik is dit
dat broers ook saamwoon! - Wie 'n oortreding bedek, soek liefde;
maar hy wat 'n saak weer ophaal, skei vriende van mekaar. - GELIEFDES, laat ons mekaar liefhê; want die liefde is uit God, en elkeen wat liefhet, is uit God gebore en ken God.
- En as iemand die een aanval, kan altwee hom teëstand bied; en 'n driedubbele lyn word nie gou verbreek nie.
- Yster slyp yster,
so slyp die een mens die persoon van die ander. - 'n Man van valse streke saai tweedrag,
en 'n kwaadstoker skei vriende van mekaar. - VIR die moedelose moet daar liefde wees van die kant van sy vriend,
ook al laat hy die vrees vir die Almagtige vaar. - En hierdie gebod het ons van Hom dat hy wat God liefhet, ook sy broeder moet liefhê.
- Twee is beter as een, want hulle het 'n goeie beloning vir hulle moeitevolle arbeid.
- Moenie dwaal nie; slegte gesprekke bederf goeie sedes.
- Moenie jou vriend en die vriend van jou vader verlaat nie,
en kom nie in die huis van jou broer op die dag van jou teëspoed nie.
'n Buurman wat naby is, is beter as 'n broer wat ver is. - Want ek verlang om julle te sien, om julle een of ander geestelike genadegawe mee te deel, sodat julle versterk kan word; dit is, dat ek saam bemoedig kan word onder julle deur die gemeenskaplike geloof, van julle sowel as van my.
- Egbrekers en egbreeksters, weet julle nie dat die vriendskap van die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie dan 'n vriend van die wêreld wil wees, word 'n vyand van God.
- God laat die eensames woon in 'n huisgesin,
Hy lei die gevangenes uit in voorspoed;
maar die wederstrewiges woon in 'n dor land.