Bybelverse oor Ontsag
- Die vrees van die Here is om te haat wat sleg is;
hoogmoed en trotsheid en 'n slegte wandel
en 'n huigelagtige mond haat ek. - TERWYL ons dan hierdie beloftes het, geliefdes, laat ons ons van alle besoedeling van die vlees en die gees reinig, en laat ons die heiligmaking in die vrees van God volbring.
- Wees nie wys in jou eie oë nie;
vrees die Here, en wyk af van die kwaad;
dit sal genesing wees vir jou liggaam
en verkwikking vir jou gebeente. - Kyk, die oog van die Here is op die wat Hom vrees,
op die wat op sy goedertierenheid wag. - Die loon van nederigheid is die vrees van die Here,
is rykdom en eer en die lewe. - En nou, Israel, wat eis die Here jou God van jou as net om die Here jou God te vrees, in al sy weë te wandel en Hom lief te hê en die Here jou God te dien met jou hele hart en met jou hele siel, om te hou die gebooie van die Here en sy insettinge wat ek jou vandag beveel, dat dit met jou goed kan gaan?
- Welgeluksalig is elkeen wat die Here vrees,
wat in sy weë wandel! - Die bevalligheid is bedrog, en die skoonheid is nietigheid;
'n vrou wat die Here vrees, sy moet geprys word. - Liewer 'n bietjie in die vrees van die Here,
as 'n groot skat en onrus daarby. - DIE vrees van die Here is die beginsel van die kennis;
sotte verag wysheid en tug. - Die hoofsaak van alles wat gehoor is, is: Vrees God en hou sy gebooie; want dit geld vir alle mense.
- Julle moet die Here julle God navolg en Hom vrees en sy gebooie hou en na sy stem luister en Hom dien en Hom aanhang.
- Maar vir julle wat my Naam vrees, sal die son van geregtigheid opgaan, en daar sal genesing onder sy vleuels wees; en julle sal uittrek en huppel soos kalwers uit die stal.
- En omdat die vroedvroue God gevrees het, het Hy huisgesinne aan hulle geskenk.
- HALLELUJA!
Welgeluksalig is die man wat die Here vrees,
wat 'n groot welbehae in sy gebooie het. - Die vrees van die Here is die tug van die wysheid,
en nederigheid gaan aan die eer vooraf. - Die beginsel van die wysheid is die vrees van die Here,
en kennis van die Heilige is verstand. - Die vrees van die Here is die beginsel van die wysheid;
almal wat dit beoefen, het 'n goeie verstand.
Sy lof bestaan tot in ewigheid. - Betaal dan aan almal wat aan hulle verskuldig is: belasting aan die wat belasting, tol aan die wat tol, vrees aan die wat vrees, eer aan die wat eer toekom.
- Ag, as hulle maar so 'n hart gehad het om My te vrees en al my gebooie altyd te onderhou, dat dit met hulle en hul kinders vir ewig goed kan gaan.
- God sal ons seën,
en al die eindes van die aarde sal Hom vrees. - VIR die moedelose moet daar liefde wees van die kant van sy vriend,
ook al laat hy die vrees vir die Almagtige vaar. - Leer my, Here, u weg:
ek sal in u waarheid wandel;
verenig my hart tot die vrees van u Naam. - En hou die gebooie van die Here jou God om in sy weë te wandel en Hom te vrees.
- En die gemeentes deur die hele Judéa en Galiléa en Samaría het vrede gehad; en terwyl hulle opgebou is en gewandel het in die vrees van die Here en die vertroosting van die Heilige Gees, het hulle vermeerder.