Bybelverse oor Vrygewigheid
- Die siel wat seën, word versadig;
en hy wat laaf, word self ook gelaaf. - Laat elkeen gee soos hy hom in sy hart voorneem, nie met droefheid of uit dwang nie, want God het 'n blymoedige gewer lief.
- Sodat julle in alles ryk kan word tot alle milddadigheid, wat danksegging aan God deur ons bewerk.
- Gee, en aan julle sal gegee word. 'n Goeie maat wat ingedruk en geskud en oorlopend is, sal hulle in jul skoot gee, want met dieselfde maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word.
- Want as die bereidwilligheid daar is, is dit welgevallig volgens wat iemand besit, nie volgens wat hy nie besit nie.
- Gelukkig die man wat hom ontferm en uitleen,
wat sy sake volgens reg besorg. - En mag Hy wat saad verskaf aan die saaier, ook brood verskaf om te eet en julle saad vermeerder en die vrug van julle geregtigheid laat toeneem.
- Maar gee aan elkeen wat jou iets vra, en eis jou goed nie terug van hom wat dit neem nie.
- Hy gee die vermoeide krag
en vermenigvuldig sterkte vir die wat geen kragte het nie. - Maar dink daaraan: Wie spaarsaamlik saai, sal ook spaarsaamlik maai; en wie volop saai, sal ook volop maai.
- En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word.
- As julle dan wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid?