Bybelverse oor Dankbaarheid
- Wees altyddeur bly. Bid sonder ophou. Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle.
- Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God. En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.
- Maar God sy dank, wat ons die oorwinning gee deur onse Here Jesus Christus.
- Loof die Here, want Hy is goed,
want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. - ONS moet God altyd oor julle dank, broeders, soos dit billik is, omdat julle geloof grootliks toeneem en die wederkerige liefde van elkeen van julle almal groter word.
- Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.
- Ek wil die Here loof met my hele hart;
ek wil al u wonders vertel. - En wat julle ook al doen in woord of in daad, doen alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.
- En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar.
- VOLHARD in die gebed en waak daarin met danksegging.
- Sodat julle in alles ryk kan word tot alle milddadigheid, wat danksegging aan God deur ons bewerk.
- En elke skepsel wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde en wat op die see is, en alles wat in hulle is, het ek hoor sê: Aan Hom wat op die troon sit, en aan die Lam kom toe die lof en die eer en die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid!
- Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. Leer en vermaan mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die Here.
- Ek daarenteen sal aan U offer
met 'n stem van lof;
wat ek beloof het, sal ek betaal.
Die heil behoort aan die Here. - Daarop neem Hy brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan hulle en sê: Dit is my liggaam wat vir julle gegee word; doen dit tot my gedagtenis.
Bybelvers van die dag
Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor,ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel;
die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom,
en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.