Bybelverse oor Getrouheid
- Dit is die goedertierenhede van die Here dat ons nie omgekom het nie,
want sy barmhartighede het geen einde nie;
hulle is elke môre nuut;
u trou is groot. - Maar die Here is getrou; Hy sal julle versterk en bewaar van die Bose.
- Hy wat julle roep, is getrou; Hy sal dit ook doen.
- Laat liefde en trou jou nie verlaat nie;
bind dit om jou hals,
skryf dit op die tafel van jou hart,
dan sal jy genade vind en 'n goeie insig
in die oë van God en die mense. - Laat ons die belydenis van die hoop onwankelbaar vashou, want Hy wat dit beloof het, is getrou.
- Jy moet dan weet dat die Here jou God God is, die getroue God wat die verbond en die goedertierenheid hou vir die wat Hom lief het en sy gebooie onderhou, in duisend geslagte.
- Here, U is my God!
U sal ek verhoog;
u Naam sal ek loof;
want U het wonders gedoen,
raadsbesluite uit ver tye,
waarheid en trou. - Hy sal jou dek met sy vlerke,
en onder sy vleuels sal jy skuil;
sy trou is 'n skild en pantser. - Loof die Here, want Hy is goed,
want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. - Geen versoeking het julle aangegryp behalwe 'n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra.
- Mag die Here julle harte rig tot die liefde van God en die lydsaamheid van Christus!
- God is getrou, deur wie julle geroep is tot die gemeenskap met sy Seun Jesus Christus, onse Here.
- Deurdat Hy die paaie van die reg bewaak
en die weg van sy gunsgenote bewaar. - Die Here is regverdig in al sy weë
en goedgunstig in al sy werke. - Maar die goedertierenheid van die Here is
van ewigheid tot ewigheid oor die wat Hom vrees,
en sy geregtigheid vir kindskinders,
vir die wat sy verbond hou
en aan sy bevele dink om dié te doen. - NIE aan ons, o Here, nie aan ons nie,
maar aan u Naam gee eer,
om u goedertierenheid, om u trou ontwil. - Die Here sal dit vir my voleindig!
U goedertierenheid, Here, is tot in ewigheid:
laat nie vaar die werke van u hande nie! - O Here, hoor my gebed;
luister tog na my smekinge;
verhoor my in u trou, in u geregtigheid. - Kyk, sy siel is opgeblase in hom en nie reg nie.
Maar die regverdige, deur sy geloof sal hy lewe. - As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.
- Want die Here het die reg lief
en sal sy gunsgenote nie verlaat nie;
vir ewig word hulle bewaar,
maar die nageslag van die goddelose word uitgeroei. - U, o Here, sal u barmhartighede van my nie terughou nie;
laat u goedertierenheid en u trou my altyddeur behoed. - O Liefhebbers van die Here, haat die kwaad!
Hy bewaar die siele van sy gunsgenote,
Hy red hulle uit die hand van die goddelose.
Bybelvers van die dag
Die jong leeus ly armoede en het honger;maar die wat die Here soek,
het geen gebrek aan enigiets nie.