Bybelverse oor Verlosser
- Die Here jou God is by jou,
'n held wat verlossing skenk.
Hy verheug Hom oor jou met blydskap;
Hy swyg in sy liefde;
Hy juig oor jou met gejubel. - En hy het gesê:
Ek het U hartlik lief, Here, my sterkte.
Die Here is my rots en my bergvesting en my redder;
my God, my rots by wie ek skuil;
my skild en die horing van my heil, my rotsvesting. - Wat Homself vir ons gegee het om ons te verlos van alle ongeregtigheid en vir Homself 'n volk as sy eiendom te reinig, ywerig in goeie werke.
- STAAN dan vas in die vryheid waarmee Christus ons vrygemaak het, en laat julle nie weer onder die juk van diensbaarheid bring nie.
- Hulle roep, en die Here hoor,
en Hy red hulle uit al hul benoudhede.
Die Here is naby die wat gebroke is van hart,
en Hy verlos die wat verslae is van gees. - Ek delg jou oortredinge uit soos 'n newel
en jou sondes soos 'n wolk;
keer terug na My, want Ek het jou verlos. - As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees.
- DAAR is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees. Want die wet van die Gees van die lewe in Christus Jesus het my vrygemaak van die wet van die sonde en die dood.
- Menigvuldig is die teëspoede van die regverdige,
maar uit dié almal red die Here hom. - Ek is baie bly in die Here,
my siel juig in my God;
want Hy het my beklee met die klere van heil,
my in die mantel van geregtigheid gewikkel —
soos 'n bruidegom wat priesterlik die hoofversiersel ombind,
en soos 'n bruid wat haar versier met haar juwele. - My lippe sal jubel as ek psalmsing tot u eer,
en my siel, wat U verlos het. - My tye is in u hand; red my
uit die hand van my vyande en van my vervolgers. - En sy sal 'n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.
- DIE Gees van die Here Here is op My,
omdat die Here My gesalf het
om 'n blye boodskap te bring aan die ootmoediges;
Hy het My gestuur om te verbind die gebrokenes van hart,
om vir die gevangenes 'n vrylating uit te roep
en vir die geboeides opening van die gevangenis. - By U, o Here, skuil ek;
laat my nooit beskaamd staan nie.
Bevry my deur u geregtigheid. - Maar nou dat julle vrygemaak is van die sonde en diensbaar geword het aan God, het julle jul vrug tot heiligmaking en uiteindelik die ewige lewe.
- O Liefhebbers van die Here, haat die kwaad!
Hy bewaar die siele van sy gunsgenote,
Hy red hulle uit die hand van die goddelose. - Help ons, o God van ons heil,
om die eer van u Naam,
en red ons en doen versoening oor ons sondes
ter wille van u Naam. - O Here, red my siel van die valse lippe,
van die bedrieglike tong!