Bybelverse oor Krag
- Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou;
kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God.
Ek versterk jou, ook help Ek jou,
ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand. - Maar die wat op die Here wag, kry nuwe krag;
hulle vaar op met vleuels soos die arende;
hulle hardloop en word nie moeg nie,
hulle wandel en word nie mat nie. - Al beswyk my vlees en my hart —
God is die rots van my hart
en my deel tot in ewigheid. - Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.
- Hy gee die vermoeide krag
en vermenigvuldig sterkte vir die wat geen kragte het nie. - Daarom het ek behae in swakhede, in mishandelinge, in node, in vervolginge, in benoudhede, om Christus wil. Want as ek swak is, dan is ek sterk.
- En hy het gesê:
Ek het U hartlik lief, Here, my sterkte.
Die Here is my rots en my bergvesting en my redder;
my God, my rots by wie ek skuil;
my skild en die horing van my heil, my rotsvesting. - Want God het ons nie 'n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.
- Vra na die Here en sy sterkte;
soek sy aangesig altyddeur. - Maar die Here is getrou; Hy sal julle versterk en bewaar van die Bose.
- Waak, staan in die geloof, wees manlik, wees sterk.
- Maar ék sal sing van u sterkte
en elke môre jubel oor u goedertierenheid,
want U was 'n rotsvesting vir my
en 'n toevlug in die dag toe ek benoud was. - Die Here is my sterkte en my skild;
op Hom het my hart vertrou,
en ek is gehelp; daarom jubel my hart
en sal ek Hom loof met my gesang. - Ag, Here Here, kyk, U het die hemel en die aarde gemaak deur u grote krag en deur u uitgestrekte arm; geen ding is vir U te wonderbaar nie.
- Die Here Here is my sterkte,
en Hy maak my voete soos dié van herte,
en Hy laat my tree op my hoogtes. - EINDELIK, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte.
- Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is 'n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart.
- En aan Hom wat mag het om te doen ver bo alles wat ons bid of dink, volgens die krag wat in ons werk, aan Hom die heerlikheid in die gemeente in Christus Jesus deur alle geslagte tot in ewigheid! Amen.
- En jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele verstand en uit jou hele krag. Dit is die eerste gebod.
- Aan U, Here, kom toe die grootheid en die mag en die heerlikheid en die roem en die majesteit, ja, alles in hemel en op aarde; aan U, Here, kom toe die koningskap en die selfverhoging as Hoof oor alles.
- Dit is die woord van die Here aan Serubbábel, naamlik: Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur my Gees, sê die Here van die leërskare.
- Die Here sal sy volk sterkte gee,
die Here sal sy volk seën met vrede. - En Hy het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon.
- Want die woord van die kruis is wel dwaasheid vir die wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God.
- Want wie is God buiten die Here,
en wie is 'n rots behalwe onse God?
Bybelvers van die dag
U sal my die pad van die lewe bekend maak;versadiging van vreugde is voor u aangesig,
lieflikhede in u regterhand, vir ewig.