- Want hulle het die land nie deur hul swaard in besit geneem nie,
en hul arm het hulle nie die oorwinning gegee nie,
maar u regterhand en u arm en die lig van u aangesig,
omdat U 'n welbehae in hulle gehad het. - Want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie.
- Want in Hom woon al die volheid van die Godheid liggaamlik; en julle het die volheid in Hom wat die Hoof is van alle owerheid en mag.
- JY dan, my seun, wees sterk deur die genade wat in Christus Jesus is.
- En as iemand die een aanval, kan altwee hom teëstand bied; en 'n driedubbele lyn word nie gou verbreek nie.
- En die rykdom en die eer kom van U, en U heers oor alles; en in u hand is krag en mag, en in u hand is dit om alles groot en sterk te maak.
- Wie het dit gedoen en tot stand gebring?
Hy wat die geslagte roep van die begin af;
Ek, die Here, die Eerste,
en by die laaste is Ek dieselfde. - Die Almagtige — ons vind Hom nie;
Hy is groot van krag,
maar die reg en die volheid van geregtigheid krenk Hy nie. - IMMERS, sy goddelike krag het ons alles geskenk wat tot die lewe en godsvrug dien, deur die kennis van Hom wat ons geroep het deur sy heerlikheid en deug.
- Want ek verlang om julle te sien, om julle een of ander geestelike genadegawe mee te deel, sodat julle versterk kan word; dit is, dat ek saam bemoedig kan word onder julle deur die gemeenskaplike geloof, van julle sowel as van my.
- Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.
- En Ek sal die huis van Juda sterk maak
en aan die huis van Josef hulp verleen
en hulle 'n woonplek aanwys,
want Ek ontferm My oor hulle;
en hulle sal wees asof Ek hulle nie verwerp het nie,
want Ek is die Here hulle God,
en Ek sal hulle verhoor. - En die engel antwoord en sê vir haar: Die Heilige Gees sal oor jou kom en die krag van die Allerhoogste sal jou oorskadu. Daarom ook sal die Heilige wat gebore word, Seun van God genoem word.
- En om Hom lief te hê uit die hele hart en uit die hele verstand en uit die hele siel en uit die hele krag, en om die naaste lief te hê soos jouself, is meer as al die brandoffers en die slagoffers.
- Die Here is lankmoedig, maar groot van krag;
en nooit laat die Here ongestraf bly nie.
Sy weg is in warrelwind en in storm,
en wolke is die stof van sy voete.
Bybelvers van die dag
Laat staan en weet dat Ek God is;Ek sal hoog wees onder die nasies, hoog op die aarde.