DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Bybelverse oor Liefde

  • Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie, handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie.
  • Laat alles by julle in liefde geskied.
  • Laat my u goedertierenheid in die môre hoor,
    want op U vertrou ek;
    maak my bekend die pad wat ek moet gaan,
    want ek hef my siel op tot U.
  • En beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van die volmaaktheid is.
  • Laat liefde en trou jou nie verlaat nie;
    bind dit om jou hals,
    skryf dit op die tafel van jou hart,
    dan sal jy genade vind en 'n goeie insig
    in die oë van God en die mense.
  • En ons het die liefde wat God tot ons het, leer ken en geglo. God is liefde; en hy wat in die liefde bly, bly in God, en God in hom.
  • En nou bly geloof, hoop, liefde — hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde.
  • Ons het Hom lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het.
  • Met alle nederigheid en sagmoedigheid, met lankmoedigheid, terwyl julle mekaar in liefde verdra.
  • Maar bo alles moet julle mekaar vurig liefhê, want die liefde sal 'n menigte sondes bedek.
  • LAAT die liefde ongeveins wees; verafsku wat sleg is; hang die goeie aan.
  • Dat Hy aan julle mag gee na die rykdom van sy heerlikheid om met krag versterk te word deur sy Gees in die innerlike mens, sodat Christus deur die geloof in julle harte kan woon, julle wat in die liefde gewortel en gegrond is.
  • Dít is my gebod, dat julle mekaar moet liefhê net soos Ek julle liefgehad het.
  • En al sou ek die gawe van profesie hê en al die geheimenisse weet en al die kennis, en al sou ek al die geloof hê, sodat ek berge kon versit, en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie.
  • Mag die Here julle harte rig tot die liefde van God en die lydsaamheid van Christus!
  • Kan 'n vrou haar suigling vergeet,
    dat sy haar nie ontferm oor die seun van haar skoot nie?
    Ofskoon hulle sou vergeet,
    nogtans sal Ék jou nie vergeet nie!
    Kyk, Ek het jou in die handpalms gegraveer;
    jou mure is gedurig voor My.
  • Wees hartlik teenoor mekaar met broederlike liefde; die een moet die ander voorgaan in eerbetoning.
  • Manne, julle moet jul eie vroue liefhê, soos Christus ook die gemeente liefgehad en Homself daarvoor oorgegee het om dit te heilig, nadat Hy dit gereinig het met die waterbad deur die woord.
  • Niemand het God ooit aanskou nie. As ons mekaar liefhet, bly God in ons en het sy liefde in ons volmaak geword.
  • As iemand sê: Ek het God lief — en sy broeder haat, is hy 'n leuenaar; want wie sy broeder wat hy gesien het, nie liefhet nie, hoe kan hy God liefhê wat hy nie gesien het nie?
  • Dra my soos 'n seëlring op u hart,
    soos 'n seëlring op u arm;
    want liefde is sterk soos die dood,
    die liefdes-ywer is hard soos die doderyk,
    sy gloed is 'n gloed van vuur,
    'n vlam van die Here.
  • Groter liefde het niemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee.
  • Daar is geen vrees in die liefde nie; maar die volmaakte liefde dryf die vrees buite, want die vrees sluit straf in, en hy wat vrees, het nie volmaak geword in die liefde nie.
  • Omdat jy kostelik is in my oë,
    hooggeag is, en Ek jou liefhet,
    daarom gee Ek mense in jou plek
    en volke vir jou lewe.
  • Maar soos geskrywe is: Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor en in die hart van 'n mens nie opgekom het nie, wat God berei het vir die wat Hom liefhet.

WEES aan niemand iets skuldig nie, behalwe om mekaar lief te hê; want hy wat 'n ander liefhet, het die wet vervul.
Lees meer...

Bybelvers van die dag

Welgeluksalig is hy wie se oortreding vergewe,
wie se sonde bedek is.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Wees sterk en vol moed; wees nie bevrees en word nie verskrik vir hulle nie; want dit is die Here jou God wat saam met jou trek; Hy sal jou nie begewe of verlaat nie.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk