DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Bybelverse oor Vertrou

  • Vertrou op die Here met jou hele hart
    en steun nie op jou eie insig nie.
    Ken Hom in al jou weë,
    dan sal Hý jou paaie gelykmaak.
  • Geseënd is die man wat op die Here vertrou,
    en wie se vertroue die Here is.
    Want hy sal wees soos 'n boom wat by die water geplant is
    en sy wortels uitskiet by die stroom
    en nie vrees as daar hitte kom nie,
    maar sy blad bly groen;
    en in 'n jaar van droogte is hy nie besorg nie
    en hou nie op om vrugte te dra nie.
  • Die dag as ek vrees, sal ék op U vertrou.
  • Laat jou werke aan die Here oor,
    dan sal jou planne uitgevoer word.
  • As jy deur die water gaan, is Ek by jou;
    en deur die riviere — hulle sal jou nie oorstroom nie;
    as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie,
    en die vlam sal jou nie brand nie.
  • Laat my u goedertierenheid in die môre hoor,
    want op U vertrou ek;
    maak my bekend die pad wat ek moet gaan,
    want ek hef my siel op tot U.
  • En dit is die vrymoedigheid wat ons teenoor Hom het, dat Hy ons verhoor as ons iets vra volgens sy wil.
  • HY wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit,
    sal vernag in die skaduwee van die Almagtige.
    Ek sal tot die Here sê: My toevlug en my bergvesting,
    my God op wie ek vertrou.
  • Want ons wandel deur geloof en nie deur aanskouing nie.
  • By God is my heil en my eer;
    die rots van my sterkte, my toevlug is in God.
  • Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos 'n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word.
  • Hy kan jou voet nie laat wankel nie;
    jou Bewaarder kan nie sluimer nie.
  • Die Here is naby almal wat Hom aanroep,
    almal wat Hom aanroep in waarheid.
  • Kyk na die voëls van die hemel; hulle saai nie en hulle maai nie en hulle bring nie bymekaar in skure nie, en tog voed julle hemelse Vader hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie?
  • Daarom kan ons met alle vrymoedigheid sê: Die Here is vir my 'n Helper, en ek sal nie vrees nie; wat sal 'n mens aan my doen?
  • Die vrees vir die mens span 'n strik;
    maar hy wat op die Here vertrou, sal beskut word.
  • Wie ag gee op die Woord, sal die goeie vind;
    en hy wat op die Here vertrou, is gelukkig.
  • En my God sal elke behoefte van julle vervul na sy rykdom in heerlikheid deur Christus Jesus.
  • Wie het ek buiten U in die hemel?
    Buiten U begeer ek ook niks op die aarde nie.
  • Laat jou weg aan die Here oor
    en vertrou op Hom, en Hý sal dit uitvoer;
    en Hy sal jou geregtigheid laat voortkom soos die lig
    en jou reg soos die middag.
  • Julle gedrag moet vry van geldgierigheid wees. Wees tevrede met wat julle het, want Hy het gesê: Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie.
  • Wag op die Here!
    Wees sterk en laat jou hart sterk wees!
    Ja, wag op die Here!
  • Vertrou op die Here, en doen wat goed is;
    bewoon die aarde en beoefen getrouheid.
  • En ons het die liefde wat God tot ons het, leer ken en geglo. God is liefde; en hy wat in die liefde bly, bly in God, en God in hom.
  • Die Here is goed,
    'n toevlug in die dag van benoudheid,
    en Hy ken die wat by Hom skuil.

O, Hoe groot is u goedheid
wat U weggelê het vir die wat U vrees,
wat U uitgewerk het vir die wat by U skuil,
in teenwoordigheid van die mensekinders!
Lees meer...

Bybelvers van die dag

Welgeluksalig is hy wie se oortreding vergewe,
wie se sonde bedek is.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Hy wat sy oortredinge bedek, sal nie voorspoedig wees nie;
maar hy wat dit bely en laat staan, sal barmhartigheid vind.
Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk