- O, Hoe groot is u goedheid
wat U weggelê het vir die wat U vrees,
wat U uitgewerk het vir die wat by U skuil,
in teenwoordigheid van die mensekinders! - Deur God sal ek sy woord prys;
ek vertrou op God, ek vrees nie;
wat kan vlees my doen? - GELIEFDES, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan.
- En as ons weet dat Hy ons verhoor, dan weet ons dat, wat ons ook al vra, ons die bedes verkry wat ons van Hom gevra het.
- Dit is beter om by die Here te skuil
as om op mense te vertrou. - Die Here is my sterkte en my skild;
op Hom het my hart vertrou,
en ek is gehelp; daarom jubel my hart
en sal ek Hom loof met my gesang. - LAAT julle hart nie ontsteld word nie; glo in God, glo ook in My.
- U sal 'n standvastige gesindheid in volle vrede bewaar,
want hulle vertrou op U. - En hulle wat u Naam ken, sal op U vertrou,
omdat U die wat U soek, nie verlaat nie, o Here! - Geliefdes, as ons hart ons nie veroordeel nie, dan het ons vrymoedigheid teenoor God; en wat ons ook al bid, ontvang ons van Hom, omdat ons sy gebooie bewaar en doen wat welgevallig is voor Hom.
- Maar as ons hoop wat ons nie sien nie, dan wag ons daarop met volharding.
- Bewaar my, o God,
want by U skuil ek. - Nie dat ek dit uit gebrek sê nie, want ek het geleer om vergenoeg te wees met die omstandighede waarin ek is.
- Maar ek — op u goedertierenheid vertrou ek;
my hart sal juig oor u heil.
Ek wil sing tot eer van die Here,
omdat Hy aan my goed gedoen het. - Al word 'n laer teen my opgeslaan,
my hart sal nie vrees nie;
al staan 'n oorlog teen my op,
nogtans vertrou ek. - En Jesus antwoord hulle: Deur julle ongeloof; want, voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het soos 'n mosterdsaad sal julle vir hierdie berg sê: Gaan weg hiervandaan daarnatoe! en hy sal weggaan, en niks sal vir julle onmoontlik wees nie.
- Laat u goedertierenheid, Here,
oor ons wees net soos ons op U wag! - Deur die Here word die gange van 'n man bevestig,
en Hy het 'n welbehae in sy weg. - Is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid. Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.
- Want berge mag wyk en heuwels wankel,
maar my goedertierenheid sal van jou nie wyk
en my vredeverbond nie wankel nie,
sê die Here, jou Ontfermer. - Want, voorwaar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir hierdie berg sê: Hef jou op en werp jou in die see — en nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy sê, sal gebeur — hy sal verkry net wat hy sê.
- Sekerlik, Hy is my rots en my heil,
my rotsvesting; ek sal nie wankel nie. - O, As ek nie geglo het
dat ek die goedheid van die Here sal sien
in die land van die lewendes nie. - En nou, my kinders, bly in Hom, sodat ons vrymoedigheid kan hê wanneer Hy verskyn en nie beskaamd van Hom weggaan by sy wederkoms nie.
- Wees nie afgunstig op 'n man van geweld
en verkies geeneen van sy weë nie.
Want die verkeerde is vir die Here 'n gruwel,
maar sy verborgenheid is met die opregtes.
Bybelvers van die dag
Wie is dan tog die Erekoning?Die Here van die leërskare —
Hy is die Erekoning! Sela.