Bybelverse oor Waarheid
- Hy wat opreg wandel en geregtigheid doen,
en wat met sy hart die waarheid spreek;
wat nie rondgaan met laster op sy tong nie,
sy vriend geen kwaad doen
en geen smaadrede uitspreek teen sy naaste nie. - My kinders, laat ons nie liefhê met woorde of met die tong nie, maar met die daad en in waarheid.
- Ek het geen groter blydskap as dit nie, dat ek hoor dat my kinders in die waarheid wandel.
- En Jesus sê vir die Jode wat in Hom geglo het: As julle in my woord bly, is julle waarlik my dissipels. En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.
- As ons sê dat ons met Hom gemeenskap het en in die duisternis wandel, dan lieg ons en doen nie die waarheid nie.
- Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is — watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit.
- Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.
- Maar, terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus.
- Lei my in u waarheid en leer my,
want U is die God van my heil.
U verwag ek die hele dag. - Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as 'n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny.
- Die lippe van die regverdige weet wat welgevallig is,
maar die mond van die goddelose is pure valsheid. - Bewaar jou tong vir wat verkeerd is,
en jou lippe dat hulle nie bedrog spreek nie. - DIE geloof dan is 'n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, 'n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.
- Elke woord van God is gelouter;
Hy is 'n skild vir die wat by Hom skuil. - Ek het die weg van waarheid verkies;
u verordeninge het ek voor my gestel. - God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.
- Maar bo alles, my broeders, moenie sweer nie: nie by die hemel nie, ook nie by die aarde nie en ook geen ander eed nie; maar laat julle ja ja wees en julle nee nee, sodat julle nie onder 'n oordeel val nie.
- Valse lippe is vir die Here 'n gruwel,
maar Hy het 'n welbehae in die wat getrou handel. - En ons weet dat die Seun van God gekom het en ons verstand gegee het om die Waaragtige te ken; en ons is in die Waaragtige, in sy Seun, Jesus Christus. Hy is die waaragtige God en die ewige lewe.
- En die salwing wat julle van Hom ontvang het, bly in julle, en julle het nie nodig dat iemand julle leer nie; maar soos dieselfde salwing julle aangaande alles leer, so is dit ook waar en geen leuen nie; en soos dié julle geleer het, so moet julle in Hom bly.
- Volgens sy wil het Hy ons voortgebring deur die woord van die waarheid, sodat ons as eerstelinge van sy skepsele kan wees.
- En daar is niks bedek wat nie geopenbaar sal word nie, en verborge wat nie bekend sal word nie.
- Verwyder van jou die valsheid van mond,
en hou ver van jou af die verkeerdheid van lippe. - Want die woord van die Here is reg,
en al sy werk is met trou. - Is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid. Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.