Bybelverse oor Prys
- Here, U is my God!
U sal ek verhoog;
u Naam sal ek loof;
want U het wonders gedoen,
raadsbesluite uit ver tye,
waarheid en trou. - Laat alles wat asem het, die Here loof!
Halleluja! - Want u goedertierenheid is beter as die lewe;
my lippe moet U prys.
Só sal ek U prys my lewe lank,
in u Naam my hande ophef. - Die Here is my sterkte en my skild;
op Hom het my hart vertrou,
en ek is gehelp; daarom jubel my hart
en sal ek Hom loof met my gesang. - Loof die Here, o my siel,
en alles wat binne-in my is, sy heilige Naam! - En omtrent middernag het Paulus en Silas gebid en lofliedere tot eer van God gesing; en die gevangenes het na hulle geluister.
- Ek wil die Here loof met my hele hart;
ek wil al u wonders vertel. - Die Here is groot en baie lofwaardig,
en sy grootheid is ondeurgrondelik. - Wat buig jy jou neer, o my siel,
en wat is jy onrustig in my?
Hoop op God, want ek sal Hom nog loof —
die verlossing van my aangesig en my God! - Want Ú het my niere gevorm,
my in my moeder se skoot geweef.
Ek loof U, omdat ek so vreeslik wonderbaar is;
wonderbaar is u werke!
En my siel weet dit alte goed. - Ek wil die Here altyd loof;
sy lof sal altyddeur in my mond wees. - En elke skepsel wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde en wat op die see is, en alles wat in hulle is, het ek hoor sê: Aan Hom wat op die troon sit, en aan die Lam kom toe die lof en die eer en die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid!
- My mond is vol van u lof,
die hele dag van u roem. - Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. Leer en vermaan mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die Here.
- O My God, o Koning, ek wil U verhoog
en u Naam loof vir ewig en altyd. - LOOF die Here, roep sy Naam aan,
maak onder die volke sy dade bekend. - Want daar is geskrywe: So waaragtig as Ek leef, sê die Here, voor My sal elke knie buig, en elke tong sal God bely.
- En julle sal in dié dag sê:
Dank die Here, roep sy Naam aan,
maak sy dade onder die volke bekend,
verkondig dat sy Naam hoog is! - Maak my gesond, Here, dan sal ek gesond word;
verlos my, dan sal ek verlos word;
want U is my lof. - Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is — watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit.
- Ek wil U loof onder die volke, o Here,
en psalmsing tot u eer, onder die nasies. - GESEËND is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus.
- En dag vir dag het hulle eendragtig volhard in die tempel en van huis tot huis brood gebreek en hulle voedsel met blydskap en eenvoudigheid van hart geniet, terwyl hulle God geprys het en in guns was by die hele volk. En die Here het daagliks by die gemeente gevoeg die wat gered is.
- Ek het Hom aangeroep met my mond,
en lofgesang was onder my tong. - Deur God sal ek sy woord prys;
ek vertrou op God, ek vrees nie;
wat kan vlees my doen?
Bybelvers van die dag
'n NAAM is verkiesliker as groot rykdom,guns beter as silwer en as goud.
Willekeurig Bybelvers
Die Here sal jou seën en jou behoed;die Here sal sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees;
die Here sal sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee.Volgende vers!Met beeld