DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Prys (2/2)

  • Ek sal U loof in opregtheid van hart
    as ek u regverdige verordeninge leer.
  • Toe staan Job op en skeur sy mantel, en hy het sy hoof geskeer en in aanbidding op die grond geval en gesê: Naak het ek uit my moeder se skoot gekom, en naak sal ek daarheen terugkeer. Die Here het gegee, en die Here het geneem: die Naam van die Here sy geloofd!
  • U, God van my vaders, loof en prys ek,
    want U het my wysheid en krag verleen,
    en nou het U my bekend gemaak wat ons van U afgesmeek het,
    want die saak van die koning het U ons bekend gemaak.
  • Uit dieselfde mond kom seën en vervloeking. Dit, my broeders, behoort nie so te wees nie.
  • En die herders het teruggegaan en God verheerlik en geprys oor alles wat hulle gehoor en gesien het, net soos aan hulle gesê is.

Bybelvers van die dag

En mag die God van die hoop julle vervul met alle blydskap en vrede deur die geloof, dat julle oorvloedig kan wees in die hoop deur die krag van die Heilige Gees!

Willekeurig Bybelvers

Want wie is ek tog, en wat is my volk, dat ons in staat sou wees om sulke vrywillige gawes te skenk? Want dit kom alles van U, en uit u hand het ons dit aan U gegee.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk