- Ek sal U loof in opregtheid van hart
as ek u regverdige verordeninge leer. - Toe staan Job op en skeur sy mantel, en hy het sy hoof geskeer en in aanbidding op die grond geval en gesê: Naak het ek uit my moeder se skoot gekom, en naak sal ek daarheen terugkeer. Die Here het gegee, en die Here het geneem: die Naam van die Here sy geloofd!
- U, God van my vaders, loof en prys ek,
want U het my wysheid en krag verleen,
en nou het U my bekend gemaak wat ons van U afgesmeek het,
want die saak van die koning het U ons bekend gemaak. - Uit dieselfde mond kom seën en vervloeking. Dit, my broeders, behoort nie so te wees nie.
- En die herders het teruggegaan en God verheerlik en geprys oor alles wat hulle gehoor en gesien het, net soos aan hulle gesê is.
Bybelvers van die dag
Die een ag die een dag bo die ander, die ander ag al die dae gelyk. Laat elkeen in sy eie gemoed ten volle oortuig wees.Willekeurig Bybelvers
BEWAAR, my seun, die gebod van jou vader,en verwerp die onderwysing van jou moeder nie.Volgende vers!Met beeld






