DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Bybelverse oor Wysheid

  • Want die Here gee wysheid,
    uit sy mond kom kennis en verstand.
  • Pas dan op dat julle nougeset wandel, nie as onwyse nie, maar as wyse; en koop die tyd uit, omdat die dae boos is.
  • En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word.
  • Maar die wysheid van bo is ten eerste rein, dan vredeliewend, vriendelik, geseglik, vol barmhartigheid en goeie vrugte, onpartydig en ongeveins.
  • Hoeveel beter is dit om wysheid te verkry as goud,
    en verkiesliker om verstand te verwerf as silwer.
  • Moenie sê nie: Hoe kom dit dat die vorige dae beter was as die teenswoordige? want nie uit wysheid vra jy hierna nie.
  • Wandel in wysheid teenoor die wat buite is, en koop die tyd uit. Laat julle woord altyd aangenaam wees, met sout besprinkel, sodat julle kan weet hoe julle iedereen moet antwoord.
  • Vermetelheid gee net getwis af;
    maar by die wat hulle laat raai, is wysheid.
  • Wie verstand verkry, het sy lewe lief;
    hy wat insig bewaar, sal die goeie vind.
  • Laat niemand homself mislei nie: as iemand meen dat hy wys is onder julle in hierdie wêreld, laat hom dwaas word, sodat hy wys kan word.
  • Wie sy mond bewaak, bewaar sy lewe;
    wie sy lippe wyd oopmaak, vir hom is daar ondergang.
  • WIE is wys en verstandig onder julle? Laat hom uit sy goeie lewenswandel sy werke in sagmoedige wysheid toon.
  • Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met 'n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het.
  • Leer ons om ons dae so te tel
    dat ons 'n wyse hart mag bekom!
  • Kom die vermetelheid, dan kom die skande,
    maar by die beskeidenes is wysheid.
  • Die vrees van die Here is die tug van die wysheid,
    en nederigheid gaan aan die eer vooraf.
  • Want hy wat my vind, het die lewe gevind
    en verkry 'n welbehae van die Here.
  • Want my gedagtes is nie julle gedagtes nie,
    en julle weë is nie my weë nie, spreek die Here.
  • Die dwaas het geen behae in verstandigheid nie,
    maar net daarin dat sy hart openbaar word.
  • Dat die God van onse Here Jesus Christus, die Vader van die heerlikheid, aan julle die Gees van wysheid en openbaring in kennis van Hom mag gee.
  • Hy wat wys van hart is, neem die gebooie aan,
    maar hy wat dwaas van lippe is, kom tot 'n val.
  • Die beginsel van die wysheid is: Verwerf wysheid
    en verwerf insig deur al wat jy besit.
  • Ook dit kom van die Here van die leërskare:
    Hy is wonderbaar van raad, groot van beleid.
  • Weet jy dit nie? Of het jy dit nie gehoor nie?
    'n Ewige God is die Here,
    Skepper van die eindes van die aarde;
    Hy word nie moeg of mat nie;
    daar is geen deurgronding van sy verstand nie.
  • U, God van my vaders, loof en prys ek,
    want U het my wysheid en krag verleen,
    en nou het U my bekend gemaak wat ons van U afgesmeek het,
    want die saak van die koning het U ons bekend gemaak.

Selfs 'n sot sal as hy swyg, vir wys gereken word;
as hy sy lippe toehou, vir verstandig.
Lees meer...

Bybelvers van die dag

Welgeluksalig is hy wie se oortreding vergewe,
wie se sonde bedek is.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Here, U is my God!
U sal ek verhoog;
u Naam sal ek loof;
want U het wonders gedoen,
raadsbesluite uit ver tye,
waarheid en trou.
Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk