- Selfs 'n sot sal as hy swyg, vir wys gereken word;
as hy sy lippe toehou, vir verstandig. - Die lankmoedige is groot van verstand,
maar die kortgebondene behaal sotheid. - Want by baie wysheid is baie verdriet,
en wie kennis vermeerder, vermeerder smart. - Gelukkig die mens wat wysheid gevind het,
en die mens wat verstand verkry. - DIE vrees van die Here is die beginsel van die kennis;
sotte verag wysheid en tug. - Die beginsel van die wysheid is die vrees van die Here,
en kennis van die Heilige is verstand. - Erken dat die wysheid só is vir jou siel;
as jy dit vind, dan is daar 'n toekoms,
en jou hoop sal nie verydel word nie. - In die weg van die wysheid onderrig ek jou,
ek laat jou die spore van opregtheid betree. - O, DIEPTE van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele en onnaspeurlik sy weë!
- Gaan met die wyse om, dan word jy wys;
maar hy wat met dwase verkeer, versleg. - Verkry wysheid, verkry insig;
vergeet nie en wyk nie af van die woorde van my mond nie. - Die vrees van die Here is die beginsel van die wysheid;
almal wat dit beoefen, het 'n goeie verstand.
Sy lof bestaan tot in ewigheid. - Die woorde uit die mond van 'n wyse is aangenaam,
maar die lippe van 'n dwaas verslind homself. - Die een ag die een dag bo die ander, die ander ag al die dae gelyk. Laat elkeen in sy eie gemoed ten volle oortuig wees.
- Dat hulle harte vertroos mag word, deurdat hulle saamgevoeg word in die liefde en tot alle rykdom van die volle versekerdheid van insig, om die verborgenheid te leer ken van God en die Vader en van Christus.
- My seun, as jou hart wys word,
dan sal my hart hom ook verheug. - Deur die mond stort die roekelose sy naaste in die verderf,
maar deur kennis word die regverdiges gered. - Die wet van die Here is volmaak:
dit verkwik die siel;
die getuienis van die Here is gewis:
dit gee wysheid aan die eenvoudige. - 'n Dwaas laat al sy toorn uitvaar,
maar 'n wyse bring dit eindelik tot bedaring. - Die lippe van die dwaas kom met getwis,
en sy mond roep na slae. - Die vader van 'n regverdige juig baie;
en as iemand 'n wyse verwek het, dan is hy bly oor hom. - Die dwaas laat sy drif op die daad bekend word,
maar die skrandere verberg skande. - Wend julle tot my teregwysing,
dan laat ek my gees vir julle uitstroom,
wil ek my woorde aan julle bekend maak. - Baie sal gereinig en gesuiwer en gelouter word, maar die goddelose sal goddeloos handel; en geeneen van die goddelose mense sal verstaan nie, maar die verstandiges sal verstaan.
- 'n Wyse seun verbly die vader,
maar 'n dwase seun is 'n bekommernis vir sy moeder.
Bybelvers van die dag
Wie is dan tog die Erekoning?Die Here van die leërskare —
Hy is die Erekoning! Sela.