Bybelverse oor Hart
- Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word,
want daaruit is die oorspronge van die lewe. - Soos in die water aangesig teenoor aangesig is,
so is die hart van die mens teenoor die mens. - Bedrieglik is die hart bo alle dinge,
ja, verdorwe is dit; wie kan dit ken?
Ek, die Here, deursoek die hart,
toets die niere,
om aan elkeen te gee na sy weë,
volgens die vrug van sy handelinge. - En julle sal My soek en vind as julle na My vra met julle hele hart.
- Julle versiering moet nie uiterlik wees nie: haarvlegtery en omhang van goud en aantrek van klere nie, maar die verborge mens van die hart in die onverganklike versiering van 'n sagmoedige en stille gees, wat baie kosbaar is voor God.
- Skep vir my 'n rein hart, o God,
en gee opnuut in die binneste van my 'n vaste gees. - Mag Hy u gee na u hart
en al u voornemens vervul! - Maar die Here sê vir Samuel: Kyk nie na sy voorkoms en sy hoë gestalte nie, want Ek ag hom te gering. Want nie wat die méns sien, sien God nie; want die mens sien aan wat voor oë is, maar die Here sien die hart aan.
- Vertrou op die Here met jou hele hart
en steun nie op jou eie insig nie.
Ken Hom in al jou weë,
dan sal Hý jou paaie gelykmaak. - Laat liefde en trou jou nie verlaat nie;
bind dit om jou hals,
skryf dit op die tafel van jou hart,
dan sal jy genade vind en 'n goeie insig
in die oë van God en die mense. - Want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.
- En Ek sal julle 'n nuwe hart gee en 'n nuwe gees in jul binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle 'n hart van vlees gee.
- En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.
- En verlustig jou in die Here;
dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart. - 'n Vrolike hart bevorder die genesing,
maar 'n verslae gees laat die gebeente uitdroog. - MY seun, vergeet my onderwysing nie,
en laat jou hart my gebooie bewaar;
want dit sal lengte van dae en jare van lewe
en vrede vir jou vermeerder. - Hy genees die wat gebroke is van hart,
en Hy verbind hulle wonde. - Laat elkeen gee soos hy hom in sy hart voorneem, nie met droefheid of uit dwang nie, want God het 'n blymoedige gewer lief.
- Hy wat wys van hart is, neem die gebooie aan,
maar hy wat dwaas van lippe is, kom tot 'n val. - Wees sterk, en laat julle hart sterk wees,
almal wat op die Here wag! - Ek soek U met my hele hart;
laat my nie afdwaal van u gebooie nie. - Salig is die wat rein van hart is,
want hulle sal God sien. - Leer ons om ons dae so te tel
dat ons 'n wyse hart mag bekom! - Laat die woorde van my mond
en die oordenking van my hart
welbehaaglik wees voor u aangesig,
o Here, my rots en my verlosser! - Welgeluksalig is die wat sy getuienisse bewaar,
Hom van ganser harte soek.
Bybelvers van die dag
Die oë van die Here is op die regverdiges,en sy ore tot hulle hulpgeroep.