- Welgeluksalig is die wat sy getuienisse bewaar,
Hom van ganser harte soek. - En weer verdriet uit jou hart, en hou die kwale weg van jou liggaam, want die jeug en die jonkheid is nietigheid.
- Ek sal U loof in opregtheid van hart
as ek u regverdige verordeninge leer. - Bekommernis in die hart van 'n mens druk dit neer,
maar 'n vriendelike woord vrolik dit op. - Dra my soos 'n seëlring op u hart,
soos 'n seëlring op u arm;
want liefde is sterk soos die dood,
die liefdes-ywer is hard soos die doderyk,
sy gloed is 'n gloed van vuur,
'n vlam van die Here. - 'n Uitgestelde hoop maak die hart siek;
maar 'n wens wat uitkom, is 'n lewensboom. - Neem net noukeurig in ag die onderhouding van die gebod en die wet wat Moses, die kneg van die Here, julle beveel het, om die Here julle God lief te hê en in al sy weë te wandel en sy gebooie te onderhou en Hom aan te hang en Hom te dien met julle hele hart en met julle hele siel.
- Sorg daarvoor, broeders, dat daar nie miskien in een van julle 'n bose en ongelowige hart is deurdat hy van die lewende God afvallig word nie.
- Ek het u woord in my hart gebêre,
dat ek teen U nie sal sondig nie. - Maar ek — op u goedertierenheid vertrou ek;
my hart sal juig oor u heil.
Ek wil sing tot eer van die Here,
omdat Hy aan my goed gedoen het. - En die hoop beskaam nie, omdat die liefde van God in ons harte uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is.
- Ek het u getuienisse vir ewig as erfdeel ontvang,
want hulle is die vreugde van my hart. - En skeur julle hart en nie julle klere nie,
en bekeer julle tot die Here julle God;
want Hy is genadig en barmhartig,
lankmoedig en groot van goedertierenheid,
en Een wat berou het oor die onheil. - Gaan dan heen, eet jou brood met vreugde, en drink jou wyn met 'n vrolike hart, want God het lankal behae in jou werke.
- My seun, luister na wat ek sê,
neig jou oor tot my woorde,
laat hulle nie wyk uit jou oë nie,
bewaar hulle binne-in jou hart. - My seun, as jou hart wys word,
dan sal my hart hom ook verheug. - Leer my, Here, u weg:
ek sal in u waarheid wandel;
verenig my hart tot die vrees van u Naam. - Maar selfs nou nog, spreek die Here,
bekeer julle tot My met julle hele hart,
en met vas en geween en rouklag. - Neig my hart tot u getuienisse
en nie tot winsbejag nie. - En Hy sê vir hulle: Is julle ook so sonder verstand? Begryp julle nie dat alles wat van buite af in die mens ingaan, hom nie onrein kan maak nie, omdat dit nie ingaan in sy hart nie, maar in die maag, en dit gaan in die heimlikheid uit en maak al die voedsel rein?
- Al word 'n laer teen my opgeslaan,
my hart sal nie vrees nie;
al staan 'n oorlog teen my op,
nogtans vertrou ek. - Ek wil die Here loof met my hele hart;
ek wil al u wonders vertel. - Julle het gehoor dat aan die mense van die ou tyd gesê is: Jy mag nie egbreek nie. Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat na 'n vrou kyk om haar te begeer, reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg het.
- En kyk, ek gaan vandag die weg van die ganse aarde, maar julle moet erken met jul hele hart en met jul hele siel dat nie een woord van al die goeie woorde wat die Here julle God oor julle gespreek het, onvervuld gebly het nie; alles het vir julle uitgekom, nie een woord daarvan het onvervuld gebly nie.
- Sekerlik, Hy is my rots en my heil,
my rotsvesting; ek sal nie wankel nie.