- Sekerlik, Hy is my rots en my heil,
my rotsvesting; ek sal nie wankel nie. - Die bevele van die Here is reg:
hulle verbly die hart;
die gebod van die Here is suiwer:
dit verlig die oë. - Vrees net die Here en dien Hom getrou met julle hele hart; want kyk watter groot dinge Hy by julle gedoen het.
- Maar vlug vir die begeerlikhede van die jonkheid en jaag ná geregtigheid, geloof, liefde, vrede, saam met die wat die Here uit 'n rein hart aanroep.
- Verwyder dan nou die vreemde gode wat onder julle is, en neig julle hart tot die Here, die God van Israel.
- OMDAT die oordeel oor 'n verkeerde daad nie gou voltrek word nie, daarom is die hart van die mensekinders in hulle vol om kwaad te doen.
- Ek het lus, o my God, om u welbehae te doen,
en u wet is binne-in my ingewande.






