DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Bybelverse oor Praat

  • Dood en lewe is in die mag van die tong;
    en elkeen wat dit graag gebruik, sal die vrug daarvan eet.
  • Die goeie mens bring uit die goeie skat van sy hart te voorskyn wat goed is; en die slegte mens bring uit die slegte skat van sy hart te voorskyn wat sleg is; want uit die oorvloed van die hart spreek sy mond.
  • Laat daar geen vuil woord uit julle mond uitgaan nie, maar net 'n woord wat goed is vir die nodige stigting, sodat dit genade kan gee aan die wat dit hoor.
  • Wie sy mond bewaak, bewaar sy lewe;
    wie sy lippe wyd oopmaak, vir hom is daar ondergang.
  • Vergeld geen kwaad met kwaad of skeldwoorde met skeldwoorde nie, maar seën inteendeel, omdat julle weet dat julle hiertoe geroep is, sodat julle seën kan beërwe.
  • Sagtheid van tong is 'n lewensboom,
    maar valsheid daarin is verbreking in die gees.
  • Selfs 'n sot sal as hy swyg, vir wys gereken word;
    as hy sy lippe toehou, vir verstandig.
  • Maar Ek sê vir julle dat van elke ydele woord wat die mense praat, daarvan moet hulle rekenskap gee in die oordeelsdag.
  • SO dan, my geliefde broeders, elke mens moet gou wees om te hoor, stadig om te praat, stadig om toornig te word.
  • By veelheid van woorde ontbreek die oortreding nie;
    maar hy wat sy lippe inhou, handel verstandig.
  • Maak jou mond oop vir die stomme,
    vir die regsaak van almal wat wegkwyn.
  • 'n Man het blydskap in die regte antwoord van sy mond,
    en hoe goed is 'n woord op sy tyd!
  • 'n SAGTE antwoord keer die grimmigheid af,
    maar 'n krenkende woord laat die toorn opkom.
  • My kinders, laat ons nie liefhê met woorde of met die tong nie, maar met die daad en in waarheid.
  • Want ons almal struikel dikwels. As iemand in woorde nie struikel nie, is hy 'n volmaakte man, in staat om ook die hele liggaam in toom te hou.
  • Die woorde uit die mond van 'n wyse is aangenaam,
    maar die lippe van 'n dwaas verslind homself.
  • Die wat met kwaadsprekery omgaan, maak 'n geheim openbaar,
    maar hy wat betroubaar is van gees, bedek 'n saak.
  • Uit dieselfde mond kom seën en vervloeking. Dit, my broeders, behoort nie so te wees nie.
  • EN as jou broeder teen jou sondig, gaan bestraf hom tussen jou en hom alleen. As hy na jou luister, dan het jy jou broeder gewin.
  • My mond is vol van u lof,
    die hele dag van u roem.
  • Daarom, alles wat julle in die donker gesê het, sal in die lig gehoor word; en wat julle in die oor gepraat het in die binnekamers, sal op die dakke verkondig word.
  • Wandel in wysheid teenoor die wat buite is, en koop die tyd uit. Laat julle woord altyd aangenaam wees, met sout besprinkel, sodat julle kan weet hoe julle iedereen moet antwoord.
  • As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word.
  • Planne misluk sonder beraadslaging,
    maar deur die veelheid van raadgewers kom dit tot stand.
  • En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge.

En as julle bid, gebruik nie 'n ydele herhaling van woorde soos die heidene nie, want hulle dink dat hulle deur hul baie woorde verhoor sal word.
Lees meer...

Bybelvers van die dag

Welgeluksalig is hy wie se oortreding vergewe,
wie se sonde bedek is.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

VROUE, wees julle mans onderdanig soos dit betaamlik is in die Here. Manne, julle moet jul vroue liefhê en nie teen hulle verbitter word nie.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk