- En as julle bid, gebruik nie 'n ydele herhaling van woorde soos die heidene nie, want hulle dink dat hulle deur hul baie woorde verhoor sal word.
- Vriendelike woorde is soos 'n heuningkoek:
soet vir die siel en 'n genesing vir die gebeente. - LOOF die Here, roep sy Naam aan,
maak onder die volke sy dade bekend. - So sal my woord wees wat uit my mond uitgaan:
dit sal nie leeg na My terugkeer nie,
maar doen wat My behaag
en voorspoedig wees in alles waartoe Ek dit stuur. - Laat die woorde van my mond
en die oordenking van my hart
welbehaaglik wees voor u aangesig,
o Here, my rots en my verlosser! - Die dwaas het geen behae in verstandigheid nie,
maar net daarin dat sy hart openbaar word. - O Here, red my siel van die valse lippe,
van die bedrieglike tong! - Deur die mond stort die roekelose sy naaste in die verderf,
maar deur kennis word die regverdiges gered. - Die lippe van die dwaas kom met getwis,
en sy mond roep na slae. - Bekommernis in die hart van 'n mens druk dit neer,
maar 'n vriendelike woord vrolik dit op. - In enige moeitevolle arbeid is voordeel,
maar praatjies is net tot gebrek. - AL sou ek die tale van mense en engele spreek, en ek het nie die liefde nie, dan het ek 'n klinkende metaal of 'n luidende simbaal geword.
- As iemand onder julle meen dat hy godsdienstig is en sy tong nie in toom hou nie, maar sy hart mislei, die godsdiens van hierdie man is tevergeefs.
- Bewaar jou tong vir wat verkeerd is,
en jou lippe dat hulle nie bedrog spreek nie. - En wat julle ook al doen in woord of in daad, doen alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.
- En hou nie gemeenskap met die onvrugbare werke van die duisternis nie, maar bestraf dit liewer. Want wat in die geheim deur hulle gedoen word, is skandelik selfs om te noem.
- Die lippe van die regverdige weet wat welgevallig is,
maar die mond van die goddelose is pure valsheid. - Toe ek geswyg het, het my gebeente uitgeteer
in my gebrul die hele dag. - Maar laat julle woord wees: Ja ja, nee nee. Wat meer as dit is, is uit die Bose.
- En wanneer hulle jul weglei om julle oor te lewer, moenie julle vooraf kwel oor wat julle sal spreek nie, en moenie daaroor dink nie; maar wat julle in dié uur gegee word, dit moet julle spreek; want dit is nie julle wat spreek nie, maar die Heilige Gees.
- Dit is 'n eer vir 'n man om van twis weg te bly,
maar elke sot breek los. - Verwyder van jou die valsheid van mond,
en hou ver van jou af die verkeerdheid van lippe. - Want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding.
- Want daar is nog geen woord op my tong nie —
of U, Here, U ken dit geheel en al. - Maak jou mond oop, oordeel regverdig,
en verskaf reg aan die ellendige en die behoeftige.
Bybelvers van die dag
Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het.Willekeurig Bybelvers
Loof die Here, want Hy is goed,want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.Volgende vers!Met beeld






