DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Praat (3/3)

  • Maar Jesus antwoord en sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het en nie twyfel nie, sal julle nie alleen doen wat met die vyeboom gebeur het nie; maar al sê julle ook vir hierdie berg: Hef jou op en werp jou in die see — sal dit gebeur.
  • Want daar is nog geen woord op my tong nie —
    of U, Here, U ken dit geheel en al.
  • Want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding.
  • Hy wat haat verberg, het valse lippe;
    en hy wat skindertaal uitstrooi, is 'n dwaas.
  • Seëninge is daar op die hoof van die regverdige,
    maar die mond van die goddelose verberg geweld.
  • Die tong van die regverdige is uitgesoekte silwer;
    die hart van die goddelose is min werd.
  • En as jou broeder teen jou sondig, bestraf hom; en as hy berou kry, vergewe hom. En as hy sewe maal op 'n dag teen jou sondig en sewe maal op 'n dag na jou terugkom en sê: Ek het berou — moet jy hom vergewe.
  • Aanmatigende taal pas nie by 'n dwaas nie,
    hoeveel minder leuentaal by 'n edele!
  • En as jy in jou hart sê: Hoe sal ons die woord weet wat die Here nie gespreek het nie? — as die profeet in die Naam van die Here spreek, en wat hy gesê het, gebeur nie en kom nie uit nie, dan is dit die woord wat die Here nie gespreek het nie; deur vermetelheid het die profeet dit gespreek; jy mag vir hom nie bang wees nie.
  • Ek wil die Here altyd loof;
    sy lof sal altyddeur in my mond wees.
  • Toe ek benoud was, het ek die Here aangeroep,
    en ek het tot my God geroep om hulp;
    Hy het my stem uit sy paleis gehoor,
    en my hulpgeroep voor sy aangesig het in sy ore gekom.
  • Maar bo alles, my broeders, moenie sweer nie: nie by die hemel nie, ook nie by die aarde nie en ook geen ander eed nie; maar laat julle ja ja wees en julle nee nee, sodat julle nie onder 'n oordeel val nie.
  • En God het gesê: Laat daar lig wees! En daar was lig.
  • Van die gebod van sy lippe het ek nie afgewyk nie;
    die woorde van sy mond het ek bewaar meer as my eie wet.
  • Want geen profesie is ooit deur die wil van 'n mens voortgebring nie, maar, deur die Heilige Gees gedrywe, het die heilige mense van God gespreek.
  • Valse lippe is vir die Here 'n gruwel,
    maar Hy het 'n welbehae in die wat getrou handel.
  • En ek het op die grond geval en 'n stem vir my hoor sê: Saul, Saul, waarom vervolg jy My?
  • En julle sal in dié dag sê:
    Dank die Here, roep sy Naam aan,
    maak sy dade onder die volke bekend,
    verkondig dat sy Naam hoog is!
  • Die woorde van die kwaadstoker is soos lekkernye,
    en dit gly af na die kamers van die binneste.
  • Ek wil die Here loof met my hele hart;
    ek wil al u wonders vertel.
  • Toe is deur hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulleself verdeel en op elkeen van hulle gaan sit. En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.
  • Julle is alreeds rein deur die woord wat Ek tot julle gespreek het.
  • En toe hulle gebid het, is die plek geskud waar hulle saam was, en hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het die woord van God met vrymoedigheid gespreek.
  • Maar Ek sê vir julle: Sweer hoegenaamd nie — nie by die hemel nie, omdat dit die troon van God is; ook nie by die aarde nie, omdat dit die voetbank van sy voete is; ook nie by Jerusalem nie, omdat dit die stad is van die groot Koning.
  • Daarop hoor ek die stem van die Here wat sê: Wie sal Ek stuur? En wie sal vir ons gaan? Toe antwoord ek: Hier is ek, stuur my.

Bybelvers van die dag

Hy alleen is my rots en my heil,
my rotsvesting; ek sal nie grootliks wankel nie.

Willekeurig Bybelvers

Het Ek jou nie beveel nie: Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik nie; want die Here jou God is met jou, oral waar jy heengaan.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk