Bybelverse oor Erken
- Elkeen wat bely dat Jesus die Seun van God is — God bly in hom, en hy in God.
- Laat ons die belydenis van die hoop onwankelbaar vashou, want Hy wat dit beloof het, is getrou.
- En elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God die Vader.
- Die Here is my deel, sê my siel,
daarom sal ek op Hom hoop. - Want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding.
- Want daar is geskrywe: So waaragtig as Ek leef, sê die Here, voor My sal elke knie buig, en elke tong sal God bely.
- As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word.
- Stry die goeie stryd van die geloof, gryp na die ewige lewe, waartoe jy ook geroep is en die goeie belydenis voor baie getuies afgelê het.
- My sonde het ek U bekend gemaak,
en my ongeregtigheid het ek nie bedek nie.
Ek het gesê: Ek wil aan die Here my oortredinge bely;
en Ú het die ongeregtigheid van my sonde vergewe. Sela. - Wie is dan tog die Erekoning?
Die Here van die leërskare —
Hy is die Erekoning! Sela. - Wie oorwin, sal beklee word met wit klere, en Ek sal sy naam nooit uitwis uit die boek van die lewe nie, en Ek sal sy naam bely voor my Vader en voor sy engele.
- Elkeen wat die Seun loën, het ook nie die Vader nie.
- Hieraan ken julle die Gees van God: elke gees wat bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het, is uit God; en elke gees wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie, is nie uit God nie; en dit is die gees van die Antichris waarvan julle gehoor het dat hy kom, en hy is nou al in die wêreld.
- En daar kom 'n stem uit die hemele wat sê: Dit is my geliefde Seun in wie Ek 'n welbehae het.
Bybelvers van die dag
Die jong leeus ly armoede en het honger;maar die wat die Here soek,
het geen gebrek aan enigiets nie.