DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Bybelverse oor Vergifnis

  • Wie 'n oortreding bedek, soek liefde;
    maar hy wat 'n saak weer ophaal, skei vriende van mekaar.
  • Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het.
  • Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe.
  • Verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander 'n klag het; soos Christus julle vergeef het, so moet julle ook doen.
  • En my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.
  • En julle moet nie oordeel nie, dan sal julle nooit geoordeel word nie. Julle moet nie veroordeel nie, dan sal julle nooit veroordeel word nie. Spreek vry, en julle sal vrygespreek word.
  • Toe kom Petrus na Hom en sê: Here, hoe dikwels sal my broeder teen my sondig en ek hom vergewe? Tot sewe maal toe? Jesus antwoord hom: Ek sê vir jou, nie tot sewe maal toe nie, maar tot sewentig maal sewe toe.
  • Hy wat sy oortredinge bedek, sal nie voorspoedig wees nie;
    maar hy wat dit bely en laat staan, sal barmhartigheid vind.
  • Want U, o Here, is goed en vergewensgesind
    en groot van goedertierenheid vir almal wat U aanroep.
  • En wanneer julle staan en bid, vergeef as julle iets teen iemand het, sodat julle Vader wat in die hemele is, ook julle jul oortredinge mag vergewe.
  • Wie is 'n God soos U,
    wat die ongeregtigheid vergewe
    en by die oortreding van die oorblyfsel van sy erfdeel verbygaan?
    Hy hou toorn nie vir ewig vas nie,
    maar het 'n welbehae in goedertierenheid.
  • Laat dit dan aan julle bekend wees, broeders, dat deur Hom vergifnis van sondes aan julle verkondig word, en dat elkeen wat glo, deur Hom geregverdig word van alles waarvan julle deur die wet van Moses nie geregverdig kon word nie.
  • Want die Here julle God is genadig en barmhartig, en Hy sal die aangesig van julle nie afwend nie as julle jul tot Hom bekeer.
  • En Hy is 'n versoening vir ons sondes, en nie alleen vir ons s'n nie, maar ook vir dié van die hele wêreld.
  • My sonde het ek U bekend gemaak,
    en my ongeregtigheid het ek nie bedek nie.
    Ek het gesê: Ek wil aan die Here my oortredinge bely;
    en Ú het die ongeregtigheid van my sonde vergewe. Sela.
  • In Hom het ons die verlossing deur sy bloed, die vergifnis van die misdade na die rykdom van sy genade.
  • En vergeef ons ons skulde,
    soos ons ook ons skuldenaars vergewe.
  • En skeur julle hart en nie julle klere nie,
    en bekeer julle tot die Here julle God;
    want Hy is genadig en barmhartig,
    lankmoedig en groot van goedertierenheid,
    en Een wat berou het oor die onheil.
  • Kom dan tot inkeer en bekeer julle, sodat julle sondes uitgewis kan word en tye van verkwikking van die aangesig van die Here mag kom.
  • En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.
  • En as jou broeder teen jou sondig, bestraf hom; en as hy berou kry, vergewe hom. En as hy sewe maal op 'n dag teen jou sondig en sewe maal op 'n dag na jou terugkom en sê: Ek het berou — moet jy hom vergewe.
  • Is daar iemand siek onder julle? Laat hom die ouderlinge van die gemeente inroep, en laat hulle oor hom bid nadat hulle hom in die Naam van die Here met olie gesalf het. En die gebed van die geloof sal die kranke red, en die Here sal hom oprig. Selfs as hy sonde gedoen het, sal dit hom vergewe word.
  • Laat die goddelose sy weg verlaat
    en die kwaaddoener sy gedagtes;
    en laat hy hom tot die Here bekeer,
    dan sal Hy hom barmhartig wees;
    en tot onse God,
    want Hy vergeef menigvuldiglik.
  • God het dan die tye van onkunde oorgesien en verkondig nou aan al die mense oral dat hulle hul moet bekeer.
  • Keer terug, o afkerige, Israel, spreek die Here.
    Ek sal julle nie donker aankyk nie,
    want Ek is goedertieren, spreek die Here;
    Ek sal die toorn nie vir ewig behou nie.

Maar in u grote barmhartigheid het U hulle nie volkome vernietig en hulle nie verlaat nie, want U is 'n genadige en barmhartige God.
Lees meer...

Bybelvers van die dag

Welgeluksalig is hy wie se oortreding vergewe,
wie se sonde bedek is.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Soos in die water aangesig teenoor aangesig is,
so is die hart van die mens teenoor die mens.
Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk