Bybelverse oor Versoening
- Naamlik dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie en die woord van die versoening aan ons toe te vertrou.
- Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het.
- Verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander 'n klag het; soos Christus julle vergeef het, so moet julle ook doen.
- EN as jou broeder teen jou sondig, gaan bestraf hom tussen jou en hom alleen. As hy na jou luister, dan het jy jou broeder gewin.
- Kom dan tot inkeer en bekeer julle, sodat julle sondes uitgewis kan word en tye van verkwikking van die aangesig van die Here mag kom.
- Want as ons, terwyl ons nog vyande was, met God versoen is deur die dood van sy Seun, veel meer sal ons deur sy lewe gered word nou dat ons versoen is.
- Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie.
- Hierin is die liefde: nie dat ons God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en sy Seun gestuur het as 'n versoening vir ons sondes.
- Help ons, o God van ons heil,
om die eer van u Naam,
en red ons en doen versoening oor ons sondes
ter wille van u Naam. - En Hy is 'n versoening vir ons sondes, en nie alleen vir ons s'n nie, maar ook vir dié van die hele wêreld.
- En dit alles is uit God wat ons met Homself versoen het deur Jesus Christus en ons die bediening van die versoening gegee het.
Bybelvers van die dag
Verhef U bo die hemele, o God,u heerlikheid bo die hele aarde!
Willekeurig Bybelvers
Soos in die water aangesig teenoor aangesig is,so is die hart van die mens teenoor die mens.Volgende vers!Met beeld