DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Bybelverse oor Jesus

  • Maar Jesus het hulle aangekyk en geantwoord: By mense is dit onmoontlik, maar nie by God nie; want by God is alle dinge moontlik.
  • Die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof, wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die troon van God gaan sit het.
  • Jesus sê vir haar: Het Ek nie vir jou gesê, as jy glo, sal jy die heerlikheid van God sien nie?
  • Elkeen wat bely dat Jesus die Seun van God is — God bly in hom, en hy in God.
  • Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was.
  • En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie. My vader wat hulle aan My gegee het, is groter as almal; en niemand kan hulle uit die hand van my Vader ruk nie. Ek en die Vader is een.
  • Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor,
    ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel;
    die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom,
    en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.
  • En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.
  • Hierin is die liefde van God tot ons geopenbaar, dat God sy eniggebore Seun in die wêreld gestuur het, sodat ons deur Hom kan lewe.
  • Want waar twee of drie in my Naam vergader, daar is Ek in hul midde.
  • Maar Hy antwoord: Die dinge wat by mense onmoontlik is, is by God moontlik.
  • Maar God sy dank, wat ons die oorwinning gee deur onse Here Jesus Christus.
  • Dít is my gebod, dat julle mekaar moet liefhê net soos Ek julle liefgehad het.
  • As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word.
  • En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie.
  • En my God sal elke behoefte van julle vervul na sy rykdom in heerlikheid deur Christus Jesus.
  • Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle gees! Amen.
  • Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus.
  • En wandel in liefde, soos Christus ons ook liefgehad het en Hom vir ons oorgegee het as 'n gawe en offer aan God tot 'n lieflike geur.
  • Maar heilig die Here God in julle harte en wees altyd bereid om verantwoording te doen aan elkeen wat van julle rekenskap eis omtrent die hoop wat in julle is, met sagmoedigheid en vrees.
  • Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle almal! Amen.
  • Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel.
  • EN Jesus het weer met hulle gespreek en gesê: Ek is die lig van die wêreld; wie My volg, sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê.
  • Nogtans het Hý óns krankhede op Hom geneem,
    en óns smarte — dié het Hy gedra;
    maar óns het Hom gehou vir een wat geplaag,
    deur God geslaan en verdruk was.
  • En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar.

Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.
Lees meer...

Bybelvers van die dag

Welgeluksalig is hy wie se oortreding vergewe,
wie se sonde bedek is.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Hy wat opreg wandel en geregtigheid doen,
en wat met sy hart die waarheid spreek;
wat nie rondgaan met laster op sy tong nie,
sy vriend geen kwaad doen
en geen smaadrede uitspreek teen sy naaste nie.
Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk