Bybelverse oor Oorkom
- Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin.
- Laat jou nie deur die kwaad oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie.
- Want geen ding sal by God onmoontlik wees nie.
- Want alles wat uit God gebore is, oorwin die wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof.
- Maar God sy dank, wat ons die oorwinning gee deur onse Here Jesus Christus.
- Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het.
- Maar U, Here, is 'n skild wat my beskut,
my eer en die Een wat my hoof ophef. - DAAROM dan, terwyl ons so 'n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê.
- En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie.
- Stry die goeie stryd van die geloof, gryp na die ewige lewe, waartoe jy ook geroep is en die goeie belydenis voor baie getuies afgelê het.
- Julle is uit God, my kinders, en het hulle oorwin, omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is.
- Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos 'n brullende leeu en soek wie hy kan verslind.
- Wie anders is dit wat die wêreld oorwin as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is?
- Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te sit op my troon, soos Ek ook oorwin het en saam met my Vader op sy troon gaan sit het.
- Wie oorwin, sal beklee word met wit klere, en Ek sal sy naam nooit uitwis uit die boek van die lewe nie, en Ek sal sy naam bely voor my Vader en voor sy engele.
- Ag, Here, gee tog heil;
ag, Here, gee tog voorspoed!
Geseënd is hy wat kom in die Naam van die Here!
Ons seën julle uit die huis van die Here. - VERHEUG jou grootliks, o dogter van Sion! Juig, o dogter van Jerusalem! Kyk, jou Koning kom na jou; regverdig en 'n oorwinnaar is Hy; nederig en Hy ry op 'n esel — op 'n jong esel, die vul van 'n eselin.